Thornybush-wildreservaat is 'n privaat wildreservaat, naby Hoedspruit, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit grens aan die Kapama-wildreservaat en is naby die Timbavati-wildreservaat en die Krugerwildtuin geleë. Die oppervlakte van die reservaat is ongeveer 14 000 ha en bestaan hoofsaaklik uit oop savanne.
Soos met baie private reservate in Suid-Afrika, word Thornybush as 'n ekotoerismebestemming bestuur, dus word die reservaat gefinansier deur middel van 'n aantal privaat kommersiële boskampe wat in die reservaat geleë is. Hulle is betrokke by verskillende soorte projekte, soos om die plaaslike gemeenskap te ondersteun deur bydraes tot omliggende skole en volhoubare boerdery.
Natuurlewe Thornybush-wildreservaat deel 'n nie-omheinde grens met die Krugerwildtuin, wat beteken dat diere vrylik tussen die reservaat en die park kan beweeg.
Onder die wildsoorte tel:
147 soogdiere, waaronder die Groot vyf, kameelperde, wildehonde, jagluiperds en vele meer. 114 reptiele, soos die reusepantserakkedis en die swartmamba . 507 voëls, soos die bekende gewone troupant. 49 visse. 34 amfibieë.
Akkommodasie
Daar is in totaal 12 verskillende verblyfplekke in Thornybush-wildreservaat
Premium versameling:
Saseka tentkamp: 9 tente met slaapplek vir 20 mense Simbambili Game Lodge: 8 suites met slaapplek vir 16 mense The River Lodge: 6 suites met slaapplek vir 12 mense The Game Lodge: 18 suites met 'n kapasiteit van 40 mense Shumbalala Game Lodge: 5 suites met slaapplek vir 10 mense
Klassieke versameling:
Waterside Lodge: 20 suites met slaapplek vir 40 mense N'kaya Lodge: 4 suites met slaapplek vir 8 mense Waterbuck Lodge: 4 suites met slaapplek vir 8 mense Serondella Lodge: 3 suites en 'n gesinsuite met slaapplek vir 8 mense Monwana Lodge: 2 gesinsuites, 1 koninggrootte-suite en 1 wittebroodsuite Jackalberry Lodge: 8 suites met slaapplek vir 16 mense Chapungu Tented Bush Camp: 8 tente met 'n kapasiteit van 16 mense
Sien ook Beskermde gebiede van Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Natuurreservate in Limpopo Kategorie:Toerisme in Suid-Afrika