Staatsgrepe in Afrika is meesal die gevolg van korrupsie, swak ekonomiese toestande en die opstaan van politieke leiers met anti-demokratiese neigings. Dit was die oorsake by die meeste van die staatsgrepe wat op die gegewe datums in daardie lande plaasgevind het. Tussen 1956 en 2001 was daar in Afrika suid van die Sahara 80 suksesvolle en 108 mislukte staatsgrepe.
1952 Egipte 1954 Egipte 1958 Soedan 1963 Benin, Kongo-Brazzaville Togo 1964 Soedan 1965 Algerië, Benin, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Zaïre 1966 Burundi, Ghana, Nigerië, Uganda, Bo-Volta 1967 Benin, Sierra Leone, Togo 1968 Kongo-Brazzaville, Mali, Sierra Leone 1969 Benin, Libië, Somalië, Soedan 1971 Uganda 10 Julie 1971 Marokko 1972 Benin, Ghana, Madagaskar 16 Aug. 1972 Marokko 1973 Rwanda 1974 Ethiopië, Niger 1975 Comore-eilande, Nigerië 1976 Burundi, Tsjaad 1977 Ethiopië, Seychelle 1978 Comore, Ghana, Mauritanië 1979 Sentraal-Afrikaanse Republiek, Kongo-Brazzaville, Ghana, Uganda 3 Aug. 1979 Ekwatoriaal-Guinee 1980 Liberië, Guinee-Bissau, Bo-Volta 1981 Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ghana 1982 Bo-Volta Aug. 1983 Bo-Volta Des. 1983 Nigerië April 1984 Guinee Des. 1984 Mauritanië April 1985 Soedan Julie 1985 Uganda Aug. 1985 Nigerië 20 Jan. 1986 Lesotho 29 Jan. 1986 Uganda 3 Sept. 1987 Burundi 15 Okt. 1987 Burkina Faso 30 Des. 1987 Transkei 10 Febr. 1988 Bophuthatswana 30 Junie 1989 Soedan Maart 1990 Ciskei April 1990 Venda 2 Des. 1990 Tsjad April 1991 Lesotho 27 April 1991 Eritrea April 1992 Sierra Leone 1994 Bophuthatswana 22 Julie 1994 Gambië 25 Okt. 1997 Kongo-Brazzaville 3 Aug. 2005 Mauritanië 6 Aug. 2008 Mauritanië 21 Maart 2012 Mali Julie 2013 Egipte 24 Nov. 2017 Zimbabwe April 2019 Soedan 2020 Guinee 18 Aug. 2020 Mali Oktober 2021 Soedan
Lees ook Staatsgreep
Kategorie:Regering