Pelagius II was die 63ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Pelagius II is gebore in Rome, die seun van 'n Goot met die naam Winigild. Op 26 November 579 volg hy Pous Benedictus I op en regeer tot sy dood op 7 Februarie 590. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius I. Die naam ‘Pelagius’ beteken 'van die see' in Grieks.
Pontifikaat Pous Pelagius II het vergeefs probeer om die kerkskeuring, wat ontstaan het as gevolg van die besluite van die konsilie van Chalcedon, te oorbrug. Veral die Lombarde het hom teengewerk. Die pous stuur toe 'n gesant na keiser Mauricius I in Bisantium, maar dit het nie gehelp nie. Hy vra toe hulp by die Franke, maar hulle het Italië verlaat nadat hulle omgekoop is deur die Lombarde.
Op teologies gebied het hy die reëls omtrent die selibaat verskerp, wat egter deur sy opvolger Pous Gregorius I weer verslap is. Hy laat die basiliek van San Lorenzofuori le Mura bou op die plek waar die heilige Laurentius gemartel is.
Pous Pelagius is dood in 590 aan die builepes wat sedert 589 in Rome gewoed het.
Verwysings Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 520 Pelagius II Kategorie:Sterftes in 590