32-Bataljon (wat ook bekend gestaan het onder die byname die Buffalo Battalion en Os Terríveis, Portugees vir Die Skrikwekkendes) was 'n infanterie-bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag. Die eenheid het uit swart soldate en blanke leiergroepe bestaan. Die eenheid is in 1993 kort voor die verkiesing van 1994 ontbind op versoek van die ANC.

Die eenheid is deur luitenant-kolonel Jan Breytenbach gestig, en daarna tot 'n gedugte gevegsmag gesmee deur kolonel Eddie Viljoen en daarna deur kolonel Deon Ferreira. Eddie Viljoen het as Big Daddy onder sy troepe bekend gestaan. Die eenheid is as een van die elite-eenhede van die toenmalige Suid-Afrikaanse Weermag beskou. Die eenheid is ook een van die eenhede wat die meeste vereer is tydens die Angola-Bosoorlog, met 'n totaal van 14 Honoris Crux medaljes wat aan sy lede toegeken is. Die enigste eenheid wat meer medaljes verwerf het was die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte wie se lede 'n totaal van 46 medaljes tydens die Angolese Grensoorlog verwerf het.

Geskiedenis Na die MPLA se oorwinning in die Angolese Burgeroorlog in 1975 het baie van hul FNLA-teenstanders na die destydse Suid-Afrikaans beheerde Suidwes-Afrika gevlug. Uit hierdie groep vlugtelingsoldate en lede van kolonel Sybie van der Spuy se 2 Verkenningsregiment tesame met luitenant-kolonel Jan Breytenbach as die bevelvoerder is die Bravogroep gestig wat later herdoop is tot 32-Bataljon. Bravogroep het aanvanklik bestaan uit twee infanterievendels, 'n mortierpeleton, 'n tenkafweergroep asook 'n masjiengeweerpeleton. 32-Bataljon is egter later uitgebrei om ses infanterievendels, 'n verkenningsvleuel en 'n ondersteuningsgroep in te sluit. Die ondersteuningsgroep het bestaan uit 81mm mortier-, tenkafweer- en masjiengeweerafdelings.

duimnael|750px|32 Bataljon se struktuur

Ererol duimnael|250px|32 Bataljon ere-stomp 1980: Alberto, R., Skr 1980: Albino, B., Skr 1980: Almeido, P., Skr 1987: Alves, J.R., 2Lt 1980: Angelo, S., Skr 1984: Antonio, D., Skr 1987: Antonio, G., Skr 1985: Antonio, P., Skr 1984: Antonio, D., Skr 1983: Augusto, J., Skr 1980: Augusto, M., Skr 1984: Aurelio, A., Kpl 1982: Bambi, M., Skr 1982: Baptist, J., Skr 1987: Batisda, A.N.D., Kpl 1980: Braz, S.D., Sers 1978: Britz, R.N., 2Lt 1987: Cassela, D., Skr 1985: Chihamba, J.C., Skr 1980: Chipa, A.F., Skr 1985: Chipoya, Z., Skr 1980: Coetzee, M.C., Kpl 1979: Coetzee, S.W., 2Lt 1982: Conroy, J., Sers 1983: Da Silva, G.P., Skr 1984: Da Silva, L.A., Skr 1982: Dala, F., Skr 1987: Dala, G., Skr 1984: Dala, J., Skr 1985: De Almeida, A., Skr 1987: De Klerk, M.M., O-Kpl 1979: De Vos, W.A., 2Lt 1982: Denge, D.D., Skr 1983: Du Randt, G.H., Sers 1985: Dumbe, L., O-Kpl 1980: Engelbrecht, E.C., Kpl 1980: Erasmus, A., Kapt 1980: Falkus, A.J., O-Kpl 1985: Fernando, J., Skr 1980: Francisco, J., Kpl 1991: Geldenhuys, H.M., Maj 1980: Gericke, B.Z., Sers 1980: Grobler, D.H., Kpl 1985: Jamba, J.E., Skr 1987: Joao, E., O-Kpl 1982: Joao, Y., Kpl 1985: Joaquim, M., Skr 1981: Jose, A., Skr 1982: Jose, M., Kpl 1985: Kahete, P.K., Skr 1985: Kalonga, K., Skr 1987: Kapepura, E.N., Skr 1987: Kapinga, P., Skr 1983: Kasera, E., Skr 1983: Kativa, J.D., Skr 1977: Keulder, G., 2Lt 1988: Kibanguka, N., Sers 1985: Kinguelele, M.A., O-Kpl 1987: Kuyler, M.J., Skr 1981: Lahner, D.F., 2Lt 1985: Light, D.G., Lt 1984: Malongo, I., Skr 1987: Mananza, J.R., O-Kpl 1983: Mande, A., Kpl 1982: Manuel, A.P., Skr 1977: Maquinda, J.M., Skr 1987: McCallum, A.D., Kapt 1987: Meyer, J.R., Skr 1985: Muema, M., Skr 1980: Muller, C. de J., Lt 1983: Nambi, J., Skr 1988: Ndinu, A., Skr 1982: Nel, P.J.S., 2Lt 1978: Opperman, A.L., 2Lt 1980: Patrick, T.S., 2Lt 1984: Paulo, C., Kpl 1977: Pedro, R., Skr 1986: Pedro, V.R., Kpl 1985: Sachilombo, J.A., O-Kpl 1980: Sophia, E., O-Kpl 1982: Stewart, P.T., Kpl 1988: Stoop, S.P., Skr 1976: Swart, C.J., 2Lt 1987: Tchipango, W., O-Kpl 1978: Theron, C.J., Sers 1987: Tolosi, K., Skr 1985: Van der Vyver, J.A., Maj 1980: Van der Walt, P., 2Lt 1975: Van der Walt, P.J., Skr 1980: Van Wyk, M., Kpl 1979: Victor, D.J., Skr 1980: Yenga, M., Skr (Name soos bevestig op die eenheid se ere-stomp wat nou op die terrein van die Voortrekkermonument/Erfenisstigting staan)

Eksterne skakels www.32battalion.net Webwerf aan die 32-Bataljon toegewy

Kategorie:Suid-Afrikaanse Leër Kategorie:Suid-Afrikaanse militêre eenhede Kategorie:Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis