Southern Gypsey Queen is 'n Suid-Afrikaanse rock- en bluesorkes. Dit bestaan uit Gareth Wilson, Tammy Wilson, Gareth Bunge en Jaco Mans.

Agtergrond Die oorspronklike lede van die groep is almal boorlinge van Molteno in die Oos-Kaap. Die broers Gareth en Paul Wilson is deur hulle pa aan rockmusiek bekendgestel. Hulle het in hulle jeug beide in die plaaslike kerkorkes gespeel. Toe Gareth hoërskool toe is, het hulle hulle eerste rockorkes gestig genaamd “Bombay Duck”. Kort hierna het Thys Smit, die bure se seun, by hulle aangesluit as kitaarspeler. In 1999 het Gareth se vriendin, Tammy Jones, by die groep aangesluit as baskitaarspeelster. Die groep het in dieselfde jaar hulle naam verander na Southern Gypsey Queen.

Gareth en Tammy is in 2002 getroud en die groep het kort hierna hulle eerste nasionale toer onderneem. In 2003 het die groep die eerste keer by die KKNK opgetree, waar hulle deur Piet Botha raakgesien is en daarna saam met hom en sy groep Jack Hammer deur die land vertonings gehou het. Na die suksesvolle toer het hulle 'n kontrak met Wolmer Records gesluit.

Die groep se eerste album was 'n nie-amptelike demonstrasie-album genaamd Southern Gypsey Queen met 12 snitte. In 2004 is die groep se eerste amptelike album, Sweet Voodoo, uitgereik.

Die eerste kortspeler en musiekvideo, Who We ARe, het nommer 2 bereik op die musiekkanaal MK89, terwyl die tweede kortspeler, Song for the Captain, vir ses weke in die nommer 1-posisie op MK89 deurgebring het.

Paul Wilson se dood Paul Wilson sterf skielik op 10 April 2013 aan 'n hartaanval. Hy was besig om te herstel van ernstige breinvliesontsteking.

Diskografie Sweet voodoo (2004) Who We ARe Shake That Thang Rock 'n Roll Soldier Souls of Africa Believer Running on Empty Sweet Voodoo Down in the Gutter Last Outlaw Can't Steal My Rock 'n Roll Rock Like Hell Disease Song for the Captain Walkways Where

Rise up (2006) Soul Power Lovin' Miss me See the sun again Change Not Alone Testify Let it grieve Peggy-Mae Rise up Shine Little on my knees Revolution Heavens' Light Angels

Be the lion (2009) Be the lion Radio Revolution Lose my mind Let it burn Whats your name Walkin' away Tonight I weep Bang ya head I wanna live Learn to live Homeland

Delusions of Grandeur (2011) Stop Running Away All Up In My Soul Girl Who Saved the World Am I Dreaming Angel's Wing 99 Red Balloon Lie to You I See You Free To Feel Again Gotta Be Gone

Eksterne skakel Facebook webblad van Southern Gypsey Queen

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe