Metanol ook bekend as metielalkohol (of vroër as "houtgees"), is 'n chemiese verbinding met die chemiese formule CH3OH. Dit is die eenvoudigste alkohol en is 'n ligte, vlugtige, vlambare en giftige vloeistof met 'n kenmerkende reuk wat minder skerp en soeter is as dié van etanol. By kamertemperatuur is dit 'n polêre vloeistof wat gebruik kan word as teenvriesmiddel, oplosmiddel, brandstof en 'n middel om etanol ondrinkbaar te maak. Dit word ook gebruik in die vervaardiging van biodiesel deur middel van die transesterifikasieproses.

Vervaardiging Die vervaardiging van metanol vereis ‘n katalisator. Van die katalisators is CuO/ZnO/, CuO/ZnO/ en CuO/ZnO. Die temperatuur is gewoonlik tussen 200-350 °C en die druk tussen 40 – 250 Atm. Die chemie van die vervaardiging van metanol kan eenvoudig geskryf word as ‘n hidorgenasie van koolstofmonoksied:

Maar hierdie eenvoud is bedrieglik. Daar word in die chemiese nywerheid altyd ook CO bygevoeg en oor die rol daarvan is geen ooreenstemming onder navorsers nie. Daar is vier belangrike reaksies: CO- hidrogenasie – watergasreaksie – CO – hidrogenasie – Boudouard-reaksie Daar is wetenskaplikes wat dink dat net die CO- hidrogenasie tot metanol lei, maar daar is geen ooreenstemming daaroor nie. Die Boudouard-reaksie kan die katalisator vervuil, of -indien dit in die omgekeerde rigting verloop- skoonhou.Methanol Synthesis Technology, , CRC Press, 1989, ,

Sien ook lys van oplosmiddels

Verwysings

Kategorie:Alkanole Kategorie:Biochemie Kategorie:Energie