Provence-Alpes-Côte-d'Azur [lɑ̃gˌdɔkʀusiˈjõ, daar word soms ook die afkorting PACA gebruik, is 'n administratiewe gewes (Frans: région) in die suid-ooste van Frankryk. Die hoofstad is Marseille.

Die administratiewe gewes is volgens 'n Franse wet in 1956 saam met 24 ander geweste geskep en behels die départements Alpes-de-Haute-Provence, Alpes-Maritimes, Bouches-du-Rhône, Hautes-Alpes, Var en Vaucluse. Provence-Alpes-Côte d'Azur strek oor die oostelike gedeelte van Frankryk se Middellandse Seekus en grens in die ooste aan Italië. Die tweede Mediterreense administratiewe gewes van Frankryk, Languedoc-Roussillon, lê wes van Provence-Alpes-Côte d'Azur. Net soos die gewes Rhône-Alpes behels Provence-Alpes-Côte d'Azur ook 'n gedeelte van die Franse Alpe.