duimnael|Radio Kalahari Orkes op 2 Mei 2024 in die Pierneefteater. Die Radio Kalahari Orkes (soms afgekort RKO) is ‘n Suid-Afrikaanse musiekgroep, wat Afrikaanse Boeremusiek verwerk en op ʼn eksentrieke en unieke wyse weergee met instrumente soos ʼn blikkitaar (ramkie), mondfluitjie, banjo, viool, trekklavier en mandolien.
In 2005 het die joernalis en skrywer, Rian Malan, begin om navorsing te doen oor die 1930 Afrikaner-rebelmusikant, David de Lange, wat Amerikaanse jazzmusiek vertaal het na Afrikaans. Radio Kalahari Orkes se fondasie is geskoei op hierdie navorsing en het verder uitgevloei en het meer genres betrek in hul klank.
Die groep word gelei deur die veteraanakteur en storieverteller, Ian Roberts (sang en kitaar), gevolg deur Alicia van Dyk (sang en trekklavier), Barry Steenkamp (baskitaar), Bradley Cooper (tromme), Friso Woustra (kitaar) en Wynand Davel (viool).
Die skrywers van die lirieke wissel tussen Rian Malan en Ian Roberts. Musiek was nog altyd deel van Roberts se lewe en hy het met Afrika-klanke op sy pa se sitrusplaas in die Oos-Kaap grootgeword, waar hy musiek gemaak het met eenvoudige instrumente saam met plaasmense wat hom aan Afrika-musiek blootgestel het.
Die groep het al 'n hele aantal albums vrygestel: Stoomradio, Die Nagloper, Opgestook, Heuningland en Grootste Treffers. Die Radio Kalahari Orkes speel ook graag verwerkings met ander kunstenaars en het al saam met Chris Chameleon, Valiant Swart en Jack Parow opnames gemaak.
Die lirieke word beïnvloed deur verskeie genres soos Kwêla, Afrikana, Ghoema, asook klanke van regoor die wêreld. Die liedjies vertel stories met humoristiese aspekte en is gebaseer op die lewe in Suid-Afrika.
Diskografie Hier volg van die albums wat die Radio Kalahari Orkes vrygestel het:
Stoomradio Kaptein, Kaptein Hoender is eintlik ʼn vegetable Renaissance Crying Shame Kwagga Farieda Die Held Duiwel van Wyk Melanie Onverskrokke Jol Reën Die Storie Van Dawie de Lange Boomstraat se Nooiens Die Nagloper Skeeloog Daisy Suikerbossie Treur Baba Treur Maak ʼn Doppie Susannah Willie die Fluitspeler se Vastrap Ons land Ek wil terug na die plaas Die Kalfie Waltz Waar is Betty?
Heuningland (2010) Staan My By, saam met Chris Chameleon Jolie Jarie, saam met Valiant Swart Blaas jou Vuvuzela, saam met Jack Parow Transboer Spaanspek Heuningland, saam met Manie Bodenstein As Die Kar Nog Daar Is, saam met Frank Opperman Byleveld Son, saam met Jim Neversink Blink Ster, saam met Christine Roberts Lobola Kruise Nissan Bakkies, saam met Michael Canfield Whakka Doef Doef, saam met Valiant Swart
Die Radio Kalahari Orkes – Grootste Treffers (2011) Kaptein Jolie Marie Duiwel van Wyk Renaissance Transboer Skeeloog Daisy Reën Kwagga Elvis Die Held Heuningland Blaas Jou Vuvuzela Blink Ster Staan My By
Bronnelys https://africasacountry.com/2009/10/radio-kalahari-orkes https://www.discogs.com/artist/1495875-Radio-Kalahari-Orkes https://www.discogs.com/artist/1495875-Radio-Kalahari-Orkes https://www.youtube.com/watch?v=muhv2Ymi9JY&list=OLAK5uy_lXL7OsN5EkDWXVaCOZXs-Vnjx6GsztPgA https://www.youtube.com/watch?v=muhv2Ymi9JY&list=OLAK5uy_lXL7OsN5EkDWXVaCOZXs-Vnjx6GsztPgA https://www.pressreader.com/south-africa/cape-argus/20170301/282059096780699 http://southafrica.co.za/radio-kalahari-orkes.html
Eksterne Skakels https://www.radiokalahariorkes.co.za/
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe