Die Vleiroos (Orothamnus zeyheri) is 'n skaars blomdraende plant wat deel van die Proteaceae familie is en wat op 'n tyd as krities bedreig beskou was. Die spesie blom vanaf Junie tot November maar hoofsaaklik in September. Dit is 'n lang, skraal plant wat 2-4 m hoog word. Die plant is endemies aan die suidelike gedeelte van die Kogelberg en daar is ook 'n klein populasie by die Kleinrivierberge naby Hermanus.

Dit staan ook as die bergroos bekend en in Engels as die marsh rose en die mountain rose.

Hierdie spesie is die enigste in die genus, Orothamnus is dus 'n monotipiese takson.

Galery

Bronne PlantZAfrica Protea Atlas REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakel

Kategorie:Orothamnus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Monotipiese takson