Troye Sivan (gebore 5 Junie 1995) is 'n Suid-Afrikaansgebore Australiese akteur, sanger-liedjieskrywer, komponis en YouTuber.

As 'n akteur is hy bekend vir sy vertolking van die jonger Wolverine in X-Men Origins: Wolverine (2009) en as die titulêre karakter in die Spud-filmtrilogie (2010–2014).

Troye Sivan maak ook gereeld YouTube-video's. Op 14 Desember 2016 het hy meer as 4 miljoen intekenare en meer as 248 00 000 kyke gehad. In Desember 2020 is hy aangewys as nommer 34 van Rolling Stone Australië se 50 grootste Australiese kunstenaars van alle tye.

Filmografie Rolprente 2009: X-Men Origins: Wolverine 2010: Spud 2013: Spud 2: The Madness Continues 2014: Spud 3: Learning to Fly 2018: Love, Simon 2022: Three Months 2023: Trolls Band Together

Televisiereekse 2014: The Laundry

Televisierolprente 2015: The Tonight Show Starring Jimmy Fallon 2016: The Ellen DeGeneres Show 2016: The Late Late Show with James Corden 2017: 28th Annual GLAAD Media Awards 2018: Saturday Night Live 2019: RuPaul's Drag Race 2019: The Kacey Musgraves Christmas Show 2021: RuPaul's Drag Race Down Under 2021: Savage X Fenty Show Vol. 3 2023: The Idol

Video's 2015: Troye Sivan: Wild 2015: Troye Sivan: Fools 2015: Troye Sivan: Talk Me Down 2016: Troye Sivan: Wild, Version 2 2017: Martin Garrix & Troye Sivan: There for You 2018: Troye Sivan: My My My!

Diskografie Blue Neighbourhood (2015) Bloom (2018) Something to Give Each Other (2023)

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1995 Kategorie:Australiese manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Lewende mense Kategorie:Australiese musici Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu