ǀXam of !Xam (uitspraak: , ) word beskou as ’n uitgestorwe taal van Suid-Afrika wat voorheen deur die ǀXam-ka ǃʼē gepraat is. Dit is deel van die ǃKwi-tak van die Tuu-tale en nou verwant aan die bedreigde Nǁng. Baie van die werk oor die taal is gedoen deur Wilhelm Bleek, ’n Duitse linguis van die 19de eeu, wat ’n vorm van ǀXam bestudeer het wat in die Agterveld gepraat is, en (saam met Lucy Lloyd) nog een van Strandberg en Katkop terwyl hy saam met ǁKábbo, Diaǃkwāin, ǀAǃkúṅta, ǃKwéite̥n ta ǁKēn, ǀHaṅǂkassʼō en ander sprekers gewerk het.Tom Güldemann (2011) "The Lower Nossob varieties of Tuu: ǃUi, Taa or neither?" Die oorblywende korpus van ǀXam kom van die stories in die Bleek-en-Lloydversameling wat deur hierdie individue vertel is.

Naam Die strepie vooraan die naam "ǀXam" verteenwoordig ’n klikgeluid voor teen die tande. Die "X" toon ’n stemlose velare frikatief aan.

Tuu Die Tuu-taalfamilie, waarvan ǀXam deel is, bestaan uit twee groepe wat aan mekaar verwant is. Die tale was eens deel van die Khoi-San-tale, maar vorm nou ’n eie familie. Hulle is tipologies baie na aan die Kxʼa-tale, maar geen verband is nog bewys nie.

Tuu Taa !Xóõ (dialekgroep; 4 200 sprekers) Laer Nossob (twee dialekte, ǀʼAuni en Kuǀhaasi; uitgesterf) ǃKwi Nǁng (dialekgroep; sterwend) ǀXam (dialekgroep; uitgesterf) ǂUngkue (uitgesterf) ǁXegwi (uitgesterf) ǃGãǃne (uitgesterf)

thumb|180px|Die landswapen van Suid-Afrika met sy leuse in ǀXam. Mitologiese karakters Bleek het aangeteken dat sekere diere in die ǀXam-mitologie verskillende spraakpatrone het. Skilpad vervang byvoorbeeld klikklanke met lipklanke, Perdeby vervang klikgeluide met ts, tsy, ty, dy, ens. en Jakkals gebruik ’n "snaakse" lipklik. Maan, en moontlik Haas en Miervreter, gebruik ’n "byna onuitspreekbare" klikgeluid. Bloukraanvoël eindig die eerste lettergreep van byna elke woord met ’n /t/.Bleek (1875) A brief account of Bushman folklore and other texts

Leuse van Suid-Afrika ǀXam is gebruik vir die leuse op die Suid-Afrikaanse landswapen wat op 27 April 2000 aanvaar is:

ǃke e꞉ ǀxarra ǁke

Die direkte vertaling is "mense wat verskil, ontmoet", maar dit word algemeen vertaal as "eenheid in diversiteit". Dit is onbekend of dit ’n idiomatiese uitdrukking in ǀXam was.Bleek se Bushman Dictionary teken !k'e e: |xarra aan met die betekenis "vreemdelinge". Omdat ǀXam uitgesterf het, is dit nie een van Suid-Afrika se 11 landstale nie. Die laaste sprekers is in die 1910's oorlede.Traill, Anthony. 1995. "Interpreting ǀXam phonology: the need for typological cleansing." In Traill, Anthony, Rainer Voßen and Megan Biesele (reds.), The complete linguist: papers in memory of Patrick J. Dickens. Köln: Rüdiger Köppe, 509-523.

Verwysings

Skakels Bleek en Lloyd se argief van ǀxam en ǃkun-tekste aanlyn

Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Uitgestorwe tale Kategorie:Khoisan-tale