No. 14-stoel senter|200px Ontwerper: Michael Thonet Datum: 1859 Land: Morawië, later Oostenryk Materiaal: Hout, stoomgebuigde beukehout, 10 skroewe en 2 moere. Styl/tradisie: Klassiek Kleure: Ligbruin hout. duimnael| Oorspronklike weergawe met rottangsitplek, sonder stutte. Die no. 14-stoel is die bekendste stoel wat deur die Thonet-stoelonderneming gemaak is. Dit is ook as die bistro-stoel bekend. Die stoel is deur Michael Thonet ontwerp en is in 1859 bekendgestel. Dit word met behulp van 'n unieke stoombuig-tegnologie, bekend as bentwood vervaardig. Dit het jare geneem om die proses te vervolmaak. Vanweë die bekostigbare prys en eenvoudige ontwerp, het dit een van die beste verkopers van stoele wat ooit gemaak is, geword. Sowat 50 miljoen no. 14's is tussen 1859 en 1930 verkoop; sedertdien is miljoene meer verkoop.

Thonet se nommer 14 is van ses stukke stoomgebuigde hout, tien skroewe en twee moere gemaak. Die houtonderdele is gemaak deur beukehoutplanke tot te verhit. Daarna is die houtstukke in gekromde gietystervorms geforseer, en dan by 'n temperatuur van ongeveer vir 'n tydperk van 20 uur afgekoel en uitgedroog. Die stoele kan deur ongeskoolde werkers massavervaardig word. Dit kan uitmekaar gehaal word om tydens vervoer daarvan ruimte te bespaar.

Latere stoele, soos hier geïllustreer, is van agt stukke hout gemaak: twee driehoekige stutte is tussen die sitplek en die rug aangebring om hierdie hardwerkende las te versterk.

Die ontwerp was 'n reaksie na die behoefte aan kafee-styl stoele. Die sitplek van die stoel was dikwels van geweefde rottang of palmvesels gemaak. Die openinge in die geweefde matwerk van die stoelsitplek was 'n praktiese voordeel, omdat gemorste vloeistof daardeur kon dreineer.

Die no. 14-stoel word steeds deur Gebrüder Thonet Wenen, Ton, en Thonet (as die 214) vervaardig.

Klassieke ontwerp Die nommer 14-stoel word algemeen as 'n klassieke ontwerp beskou. Toe die stoel tydens die 1867-wêrelduitstalling in Parys uitgestal is, het dit 'n goue medalje verower. Dit is deur baie ontwerpers en argitekte, waaronder Le Corbusier, geprys, wie gesê het: "Daar is nog nooit 'n beter en meer elegante ontwerp, en 'n meer presies vervaardigde en praktiese item geskep nie."

Herontwerp In 2009 is die stoel deur James Irvine, 'n Engelse ontwerper herontwerp, en deur Muji, 'n Japannese maatskappy, verkoop. Roland Ohnacker, besturende direkteur van Thonet, het gesê dat die doel was om "18 tot 35-jariges bekend te stel aan die Thonet-handelsnaam."

Verwysings

Kategorie:Meubels