duimnael|Tulpstoel, ontwerp deur Eero Saarinen Die Tulpstoel is in 1955 en 1956 deur Eero Saarinen, vir die Knoll-maatskappy van New York, ontwerp. Die stoel is in die eerste instansie ontwerp om by die komplementêre eettafel te pas. Die stoel vertoon die gladde lyne van modernisme, en was vir sy tyd, eksperimenteel met betrekking tot die gebruik van materiale. Die stoel word as 'n klassieke voorbeeld van industriële ontwerp beskou.

As gevolg van die futuristiese gebruik van kurwes en sintetiese materiale, word die stoel dikwels as verteenwoordigend van die ''ruimte-era' beskou.

Ontwerp en konstruksie Saarinen was van mening dat die onderste gedeelte van stoele en tafels in 'n tipiese binneruimte, 'n lelike, verwarrende en onrustige omgewing skep. Hy wou die groot hoeveelheid stoelpote in vertrekke verminder.

Saarinen het gehoop om 'n glasvelselstoel, wat uit een stuk bestaan, te vervaardig, maar hierdie materiaal kon nie die basis ondersteun nie, en prototipes was geneig om te breek. As gevolg hiervan is die basis van die tulpstoel van gegote aluminium, met 'n rilsanbedekte afwerking, om by die boonste gedeelte van die stoel te pas, gemaak. Dit het 'n uniforme voorkoms van eenheid aan die stoel verleen. Die boonste dop van die stoel is gevormde veselglas, met 'n versterkte, plastiekgebonde afwerking. Die gestoffeerde skuimrubber kussing, met 'n kleefstrookopening, kon van die stoel verwyder word.

'n Patent vir die Tulpstoel is in 1960 aan Saarinen toegeken.

Toekennings Toekenning van die museum van moderne kuns, 1969 Federale toekenning vir industriële ontwerp, 1969 Toekenning van die Stuttgart ontwerpsentrum, 1962

Projek Cybersyn In 1971 is 'n aangepaste weergawe van die Tulpstoel vir die ontwerp van Projek Cybersyn gebruik.Free As In Beer: Cybernetic Science Fictions accessed April 7, 2012

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Modernisme Kategorie:Meubels