Cintaine Schutte (gebore 8 Julie 1987 in Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en vervaardiger. Sy matrikuleer aan Hoërskool Die Wilgers in Pretoria. Sy is veral bekend vir haar rol in die kykNET-reeks, Fynskrif (2018), die komediereeks Phil 101, die rolprente Hum (2016) en Knysna (2014). Aanvanklik wou Cintaine 'n oorbruggingsjaar na haar skoolloopbaan by Hoërskool Die Wilgers doen, maar danksy haar dramaonderwyser, wat haar potensiaal met haar ouers gaan bespreek het, het sy daarteen besluit en ingeskryf vir B.A.-graad Drama vir die volgende jaar. Cintaine se ma het haar van kleins af geleer om dinge in haar omgewing te waar te neem, iets waarvoor sy vandag dankbaar is vir haar beroep as aktrise.
Sy het haar BA-honneursgraad in drama aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Haar honneursgraad het sy in toneelspel gedoen, wat behels het dat sy saam met die vierdejaarstudente op die verhoog kon speel as deel van haar studies se praktiese module. Ná haar studies het sy haar eerste professionele teaterproduksie bekom deur ʼn kennis, Tara Notcutt, wat sy by die Universiteit van Kaapstad ontmoet het.
Saam met ander vriende het sy en Notcutt 'n daadwerklike poging aangewend om jongmense by die teater te kry, deur meer relevante en tydsgebonde verhoogproduksies op die planke te bring.
Christiaan Olwagen en Saartjie Botha het Schutte genader om in die toneelstuk Die Seemeeu, oorspronklik geskryf deur Anton Chekov, te speel. Nadat die verhoogproduksie gedoen is, is die rolprent Die Seemeeu daarop gebaseer en uitgebrei tot ʼn vollengtefilm, waarin sy ook gespeel het.
Schutte is 'n gebalanseerde aktrise wat haar kuns uitleef in film en op die verhoog, maar nadat sy besef het dat sy nog net Seemeeu en Half Leeg as professionele produksies agter haar naam gehad het, het sy besluit om haar eie werk te begin vervaardig. Haar eerste toneelstuk, Huishou, het as gevolg hiervan op die planke gekom.
Schutte het ook twee verskillende rolle vertolk in die misdaadreeks, Die Boland Moorde in 2013 en 2017. In 2018 het sy die rol van die naïewe karakter, Michelle, vertolk in die komediereeks, Die Kasteel.
In 2015 het sy ʼn Kanna-toekenning gekry vir haar vertoning in die toneelstuk, Moeder Moed en die daaropvolgende jaar 'n Fleur Du Cap-toekenning vir haar rol as Masha in die verhoogstuk Die Seemeeu. In 2017 ontvang Schutte 'n Woordfees-trofee vir haar toneelspel in die produksie Drif, geskryf deur Reza de Wet.
Film Poppie Nongena, vertolk die rol van ʼn vrou Die Seemeeu, vertolk die rol van Masha Kanarie, vertolk die rol van die klub meisie Johnny is nie dood nie, vertolk die rol van die boervrou Heersers, kortfilm, vertolk die rol van Liezl HUM, vertolk die rol van Jana Sonskyn Beperk, vertolk die rol van Jessica Knysna, vertolk die rol van Bloesie The Women Who Whistled, vertolk die rol van die vrou Lost in a Pharmacy, vertolk die rol van Chantelle Behind Closed Doors, vertolk die rol van ʼn vriendin Casting Beauty, vertolk die rol van ʼn bediende Failure, vertolk die rol van ʼn meisie Hope Falls, vertolk die rol van Marietjie
Televisie Die Byl, vertolk die rol van Deidre Fynskrif (Seisoen 1, 2 & 3), vertolk die rol van Katrien Die Kasteel, vertolk die rol van Micheallay Soos Gister, vertolk die rol van Christelle Phil 101, vertolk die rol van Jeanne Ruimte tussen niks, vertolk die rol van Annabel Die Boland Moorde II, vertolk die rol van Ria Die Boland Moorde I, vertolk die rol van Maryke
Teater Tien Duisend Ton, vertolk die rol van ʼn vrou Slim se Baas, vertolk die rol van Jaqueline Huishou, vertolk die rol van Hester Half Leeg, vertolk die rol van Victoria Winterboom, vertolk die rol van Ané Volschenk Die Fliek, vertolk die rol van Rose Hond se gedagte, vertolk die rol van Antoinette Die Huis van Bernarda Alba, vertolk die rol van Martirio Drif, vertolk die rol van Sussie Robin Hood, vertolk die rol van Friar Tuck Die Seemeeu, vertolk die rol van Masha Cape of Rebels, vertolk die rol van Mev. Koopmans de Wet Amper Vrystaat, vertolk die rol van Annetjie Meerfout, vertolk die rol van haarself Moeder Moed, vertolk die rol van Katrinn Wie Drink Wat?, vertolk die rol van Chardonnay Tee, vertolk die rol van Eva Droom, vertolk die rol van Lenie Tjop en Dop, vertolk die rol van Sunette Boetie dis tyd vir bid, vertolk die rol van ʼn vrou Nagwond, vertolk die rol van Michelle Ebenezer Pennieknyper, vertolk die rol van Linda Ubu & The Secrecy Bill, vertolk die rol van verskeie karakters Sister Mary Ignatius explains it all for you, vertolk die rol van Diane Symonds Die Soet Trane van Petrus Pansegrouw, vertolk die rol van Karen Charlie and the Chocolate Factory, vertolk die rol van die ma Lament in G, vertolk die rol van Ruth Agterplaas, vertolk die rol van die boervrou Die Huweliksaansoek, vertolk die rol van Natalja Dream Brother, vertolk die rol van May Kitchen, vertolk die rol van twee vroue Lenny & the Wasteland, vertolk die rol van Pandora Die Naaimasjien, vertolk die rol van die dogter Die Mannetjie, vertolk die rol van die weduwee Die Klug, vertolk die rol van die bruid Night out with Harold Pinter, vertolk die rol van die ma Qaphela Ceasar, vertolk die rol van verskeie karakters Skrapnel, vertolk die rol van Sussie Sara, vertolk die rol van Sara Huise Vol Uile, vertolk die rol van Debbie Langerhans Gelukkig Elke Dag, vertolk die rol van Anette Aspoestertjie, vertolk die rol van die straatveër
Persoonlike lewe Cintaine is met die akteur Carel Nel getroud in 2019. Die egpaar woon in Kaapstad en albei is lief vir die stadslewe. Hulle het die gevoel van hul troue daarvolgens beplan.
Toekennings Woordtrofee: Beste Aktrise in Tien Duisend Ton (2019) Woordtrofee: Beste Debuut Produksie (Tien Duisend Ton) (2019) Rapid Lion Film-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Die Seemeeu (Masha) (2019) Genomineer vir 'n Kyknet Fiesta-toekenning: Beste samespel in Huishou (2019) Genomineer vir 'n Kyknet Fiesta-toekenning: Beste Aktrise in Huishou (Hester) (2019) Genomineer vir 'n Aardklop-toekenning: Beste Aktrise vir Huishou (2019) Silwerskerm-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Die Seemeeu (2018) Genomineer vir BroadwayWorld.com Suid-Afrika: Beste Solo Opvoering in ʼn eenvrouvertoning, Half Leeg (2017) Woord Trofee-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Drif (Sussie) (2017) Genomineer vir die BroadwayWorld.com Suid-Afrika: Beste Aktrise in Bernarda Alba (2017) Genomineer vir die BroadwayWorld.com Suid-Afrika: Beste Aktrise in Amper Vrystaat (2017) Genomineer vir 'n Kyknet Fiesta-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Bernarda Alba (2017) Genomineer vir 'n ATKV-Woordveertjie: Beste Teaterteks (Amper Vrystaat) (2016) Woord Trofee-nominasie: Beste Ondersteunende Aktrise in Moeder Moed (2016) Fleur Du Cap-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Die Seemeeu (2016) Aardklop-toekenning: Beste Produksie (Amper Vrystaat) (2016) Genomineer vir 'n kykNET Fiesta-toekenning: Beste Debuut Produksie (Amper Vrystaat) (2016) Vrystaat Kunstefeestoekenning: Beste Debuut Produksie (Amper Vrystaat) (2016) Kannatoekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in Moeder Moed en Die Seemeeu (2015) Standard Bank Ovation-toekenning: Vir haar spel in Dream Brother (2011) Nominasie deur die Universiteit van Stellenbosch: Beste Aktrise van die Jaar (2008) Streekswenner en nasionale wenner van die produksie Kleinser Metanooiens, deur die Universiteit Stellenbosch (2007)
Bronnelys https://www.imdb.com/name/nm6715714/bio https://www.tvsa.co.za/actors/viewactor.aspx?actorid=17818 https://maroelamedia.co.za/vermaak/televisie/cintaine-van-klippe-kou-tot-verlowing-en-volop-rolle/ https://www.netwerk24.com/Sarie/Bruid/cintaine-en-carel-trou-tussen-die-wolke-20191103 https://sarafinamagazine.com/2018/10/31/a-conversation-with-cintaine-schutte/
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu