Fullarton is ‘n afgeleë spoorweghalte in die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap.

Hierdie nedersetting met ‘n enkele winkel lê aan die R337-grondpad wat noordwaarts uitdraai uit die R329-sementpad tussen Willowmore en Steytlerville. Dit is wes van die Timbila-natuurreservaat, by die koördinate en lê 601 meter bo seespieël.

Twee staalbrûe oor die Grootrivier neem die spoorlyn van hier ooswaarts na Miller en Klipplaat.

Kategorie:Spoorlyne in Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap