Die Aardroos-suikerbos (Protea acaulos) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom op die Kaapse Skiereiland en vlakte voor, asook vanaf die Sederberg tot by die Riviersonderendberge en die Elim-vlakte by Agulhas waar dit deel van die fynbosbioom is. Die plant is plat en word 1 m in deursnee en blom van Junie tot November.

Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0-1500 m.

In Engels staan dit as die Common Ground Sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys Protea Atlas REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika