duimnael|La Pedrera Casa Milà (Katalaanse uitspraak: ['kazә mi 'la]; Spaanse uitspraak: ['kasa mi 'la]), is ook algemeen as La Pedrera of die "Steengroef" bekend. Dit is 'n verwysing na die onkonvensionele, ruwe gekapte voorkoms van die gebou. Casa Milà is 'n modernistiese gebou in Barcelona, Katalonië, Spanje. Dit was die laaste privaatwoning wat deur argitek Antoni Gaudí ontwerp is, en is tussen 1906 en 1912 gebou.
Die gebou is in 1906 in gebruik geneem deur en sy vrou . Die gebou was destyds kontroversieel vanweë die golwende klipfasade en gedraaide smee-yster balkonne, wat deur Josep Maria Jujol ontwerp is. Verskeie strukturele innovasies sluit 'n selfondersteunende klipgewel, 'n oopplan uitleg, ondergrondse motorhuis en die skouspelagtige terras op die dak, in.
In 1984 is die gebou deur UNESCO tot 'n wêrelderfenisgebied verklaar. Sedert 2013 is dit die hoofkwartier van die wat besoeke aan die gebou, uitstallings en ander kulturele en opvoedkundige aktiwiteite by Casa Milà, administreer.
Geskiedenis van die gebou
Argitek Antoni Gaudí i Cornet is op 25 Junie 1852 in Katalonië, Spanje gebore. As kind was Gaudí se gesondheid swak en het hy aan rumatiek gely. As gevolg hiervan het hy lang tydperke in die gesin se somerhuis in Riudoms deurgebring. Hier het hy 'n groot gedeelte van sy tyd in die buitelug deurgebring, wat dit vir hom moontlik gemaak het om die natuur in diepte te bestudeer. Dit sou een van die belangrikste invloede in sy argitektuur word.
Gaudí was 'n baie praktiese mens en in wese 'n ambagsman. In sy werk het hy op impulse gereageer, en kreatiewe planne in die werklikheid omskep. Sy bereidheid om nuwe style te aanvaar, tesame met 'n lewendige verbeelding, het daartoe bygedra om nuwe argitektuurstyle te skep en om die grense van konstruksie te verskuif. Vandag word hy beskou as 'n baanbreker van die moderne argitektuurstyl.
In 1870 het Gaudí na Barcelona verhuis om argitektuur te studeer. Hy was 'n inkonsekwente student wat periodieke tekens van briljantheid getoon het. As gevolg van 'n verskeidenheid van omstandighede soos gesondheidskomplikasies, militêre diens sowel as ander aktiwiteite, het dit hom agt jaar geneem om sy studies te voltooi.
Na die voltooiing van sy studies het hy 'n baie produktiewe argitek geword, en het hy ook tuine, beeldhouwerke en ander dekoratiewe kunsvoorwerpe ontwerp. Gaudí se bekendste werke sluit verskeie geboue in: Parque Güell; Palacio Güell; Casa Mila; Casa Vicens. Hy het ook 'n baie belangrike bydrae gelewer met sy werk aan die krip en geboortefasade van La Sagrada Família. Destyds is Gaudí se werk bewonder sowel as gekritiseer vir sy moedige, innoverende oplossings.
Gaudí se lewe het tot 'n tragiese einde gekom toe hy deur 'n trem omgery is. 'n Paar weke later is hy op 10 Junie 1926, in die ouderdom van 74, in die hospitaal aan sy beserings oorlede. 'n Paar jaar na sy dood is sy vermaardheid deur sowel die algmene publiek as kritici erken.
Eienaars van die gebou Casa Milà is gebou vir Roser Segimón en haar man Pere Milà. Roser Segimón was die welgestelde weduwee van Josep Guardiola, 'n Indiano of Americano, of 'n voormalige kolonis wat uit Suid-Amerika teruggekeer het nadat hy sy fortuin met 'n koffieplantasie in Guatemala gemaak het. Haar tweede man, Pere Milà, was 'n ontwikkelaar bekend vir sy flambojante lewenstyl.
Konstruksie links|duimnael|204x204px|La Casa Milà tydens die bouproses In 1905 trou Milà en Segimón. Op 9 Junie koop Roser Segimón 'n huis en tuin met 'n totale oppervlakarea van 1 835 vierkante meter, geleë by Paseo de Gracia 92. In September het hulle vir Gaudí opdrag gegee om vir hulle 'n nuwe huis te bou met die idee om die hoofverdieping te bewoon en die res van die gebou as woonstelle te verhuur. Op 2 Februarie 1906 is die projek aan die stadsraad van Barcelona voorgelê. Hierna is die werk begin deur die bestaande gebou te sloop, in plaas daarvan om dit te hervorm, soos wat die geval was met die Casa Batlló.
Die gebou is in Desember 1910 voltooi en die eienaar het Gaudí gevra om 'n sertifikaat om die hoofverdieping te bewoon, uit te reik, wat die stadsraad in Oktober 1911 gemagtig het, en die egpaar het ingetrek. Op 31 Oktober 1912 het Gaudí die sertifikaat uitgereik waarin hy verklaar dat die werk, volgens sy planne en sy leiding, voltooi is en dat die hele huis gereed was om uit te verhuur.
Kritici en omstredenheid Gaudi het baie kritiek ontvang omdat die gebou geen reëls van die konvensionele style nagevolg het nie. Eerstens is die naam "La Pedrera" in werklikheid 'n bynaam, wat die mense wat afkeurend was jeens die andersheid van die gebou, daaraan gegee het. Die unieke struktuur van die gebou, sowel as die verhouding tussen Gaudi en Pere Milà het die onderwerp van bespotting vir die mense van Barcelona geword, en het baie humoristiese publikasies van die tyd tot gevolg gehad.
Katolieke simbole duimnael|200x200px| 'n 1906 Fragment van die eerste konsepplanne van die argitektuur, wat die beelde, op die boonste fasade gemonteer, toon. Gaudí, 'n Katoliek en 'n toegewyde volgeling van die maagd Maria, het beplan dat Casa Milà 'n geestelike simbool sou wees. Openlike godsdienstige elemente was byvoorbeeld 'n uittreksel uit die Rosekrans op die kroonlys, sowel as beplande standbeelde van Maria, spesifiek Ons Dame van die Rosekrans, en twee aartsengele, St. Michael en St. Gabriel.La Pedrera (Casa Milà, 1906-1910) Gaudiclub.com
Die Casa Milà is egter nie heeltemal volgens Gaudí se spesifikasies gebou nie. Die plaaslike regering het beveel dat elemente wat die hoogte riglyne van die stad oorskry het, gesloop moet word. Die Milà-egpaar is ook vir verskeie oortredings van bouregulasies beboet.Gaudí: A Biography; Gijs van Hensbergen; Harper Collins; page 214-216 Na Semana Trágica, 'n oproer teen klerikalisme in die stad, het Milà verstandig besluit om nie meer die godsdienstige standbeelde in te sluit nie. Gaudí het dit oorweeg om die projek te laat vaar, maar 'n priester het hom oorreed om voort te gaan.
Verandering van eienaarskap links|duimnael| Interieur van Casa Milà in 1910 Milà is in 1940 oorlede. Segimon het die eiendom in 1946 vir 18 miljoen pesetas aan Josep Ballvé i Pellisé verkoop. Pellisé was bekend vir sy afdelingswinkels op , in vennootskap met die familie van Pío Rubert Laporta. Die Compañía Inmobiliaria Provenza, SA (CIPSA) is gestig om die gebou te administreer.Huertas Claveria,... Roser Segimon het tot met haar dood in 1964, op die hoofverdieping bly woon. duimnael| Casa Milà in 1914 Die nuwe eienaars het die eerste verdieping, oorkant in vyf woonstelle, in plaas van die oorspronklike twee, verdeel. In 1953 het hulle opdrag gegee om 13 keldervertrekke vol vullis, te omskep in woonstelle wat op die straat uitkyk, met 'n gemeenskaplike gang aan die kant wat aan die binnehowe grens. Sommige van hierdie twee of drie kamer-woonstelle het 'n solder gehad, en is ontwerp en gemeubileer in 'n tipiese vroeë 1950's-styl met baksteen, keramiek en hout. Van die meubels, byvoorbeeld die , toon ooreenkomste met die werk van Eero Saarinen.Barba Corsini, F.J. Apartamentos en el desván de la Pedrera. Cuadernos de Arquitectura Núm. 22. Any: 1955
Die versekeringsmaatskappy Northern het in 1966 in die hoofverdieping getrek. Teen daardie tyd het Casa Milà onder meer 'n bingosaal, 'n akademie en die kantore van Cementos Molins en Inoxcrom gehuisves.Huertas Claveria,... Die instandhoudingskoste was hoog en die eienaars het toegelaat dat die gebou vervalle word, wat tot gevolg gehad het dat stene van die gebou in 1971 los geraak het. Josep Anton Comas het noodherstelwerk gedoen, veral aan die skilderye in die binnehowe, maar hy het die oorspronklike ontwerp gerespekteer.Hernàndez-Cros, Josep Emili (ed.). Catàleg del Patrimoni Arquitectònic Històrico-Artístic de la Ciutat de Barcelòna, Barcelona, Ajuntament de Barcelona, 1987
Restourasie links|duimnael| Nadat dit 'n droewige bruin kleur geverf is, is die kleure van die gebou in die 1980's herstel Gaudí se werk is op 24 Julie 1969 as 'n historiese en artistieke monument aangewys. Casa Milà was in die vroeë 1980's in 'n slegte toestand. Dit is 'n droewige bruin kleur geverf, en baie van die kleurskemas in die gebou is laat vaar of toegelaat om agteruit te gaan. Dit is egter sedertdien herstel en baie van die oorspronklike kleure word weer gebruik. [ <span title="This claim needs references to reliable sources. (May 2014)">aanhaling nodig</span> ] In 1984 het die gebou deel geword van 'n Wêrelderfenisgebied wat van Gaudí se werke ingesluit het. Die stadsraad van Barcelona het probeer om die hoofverdieping as kantoor te huur vir die Olimpiese bod van 1992. Uiteindelik, die dag voor Kersfees 1986, het Caixa Catalunya La Pedrera vir 900 miljoen pesetas gekoop. Op 19 Februarie 1987 is daar begin met dringende herstelwerk en skoonmaak van die fasade. Die werk is gedoen deur die argitekte Joseph Emilio Hernández-Cross en Rafael Vila. Die gerestoureerde hoofverdieping is in 1990 geopen as deel van die Kulturele Olimpiade van Barcelona. Die vloer het 'n uitstallingsaal geword met voorbeelde van modernisme in die Eixample.Huertas Claveria,...
Ontwerp Die gebou se oppervlak is 1,323 m 2 per vloer op 'n erf van 1,620 m2 . Gaudí het die eerste sketse in sy werkswinkel in die Sagrada Família gemaak. Hy het die huis as 'n konstante kurwe, sowel buite as binne, met beheerde geometrie en naturalistiese elemente, ontwerp. regs|duimnael| Die binnehof Casa Milà bestaan uit twee geboue wat rondom twee binnehowe, wat lig vir die nege verdiepings bied, gebou is: kelder, grondvloer, mezzanine, hoof (of edel) verdieping, vier boonste verdiepings en 'n solder. Die kelder was bedoel om die motorhuis te wees, die hoofverdieping, die woning van die Milàs ('n woonstel van altesaam 1 323 m2), en die res van die gebou is in 20 woonstelle opgedeel. Die gevolglike uitleg is 'n asimmetriese "8" as gevolg van die verskillende vorms en groottes van die binnehowe. Die was- en droogareas was in die solder, wat 'n isolerende ruimte vir die gebou gevorm het, en terselfdertyd die vlakke van die dak bepaal het.
Een van die belangrikste elemente van die gebou is die dak, wat met dakvensters, trapuitgange, waaiers en skoorstene, gekroon is. Al hierdie elemente, gebou uit baksteen bedek met kalk, gebreekte marmer of glas, het 'n spesifieke argitektoniese funksie, maar is ook ware kunswerke wat in die ontwerp van die gebou geïntegreer is.
Die woonstelle het gepleisterde plafonne met dinamiese reliëfwerk, handgemaakte houtdeure, -vensters en -meubels, sowel as hidrouliese teëls en verskillende ornamentele elemente.
Die trappe was bedoel vir dienste verskaffers, met die hooftoegang tot die woonstelle per hysbak, behalwe vir die hoofvloer, waar Gaudí 'n prominente binnentrap bygevoeg het. Gaudí wou hê dat die mense wat in die woonstelle woon, mekaar moet ken. Om daardie rede was daar net hysbakke op alternatiewelike verdiepings, sodat mense op verskillende verdiepings mekaar sou ontmoet.
Struktuur regs|duimnael|200x200px| Casa Mila-balkon wys die selfondersteunende klipgewel, ook ondersteun deur geboë ysterbalke Casa Milà word gekenmerk deur sy selfondersteunende klipfasade, wat beteken dat dit vry is van gewigdraende mure. Die fasade is met die interne struktuur van elke vloer verbind deur middel van geboë ysterbalke wat die omtrek van elke vloer omring. Hierdie konstruksiestelsel laat aan die een kant groot openinge in die fasade toe wat lig aan die woonstelle gee, en aan die ander kant toeganklike strukturering van die verskillende vlakke, sodat binnemure bygevoeg en gesloop kan word sonder om die stabiliteit van die gebou te beïnvloed. Dit stel die eienaars in staat om van plan te verander en die gebou se interne uitleg sonder probleme te verander.Descripció casa Milà a «any Gaudí» a l'Ajuntament de Barcelona
Konstruksie en dekoratiewe items
Fasade