Glencore plc (GlencoreXstrata, Glencore International AG) is 'n internasionale maatskappy wat wêreldwyd handeldryf in en betrokke is by die produksie van metale, minerale, brandstowwe en landbouprodukte.

Produksie Glencore verskaf die volgende metale en minerale aan die nywerheid: aluminium, sink, koper, lood, ferrochroom, goud, silwer, nikkel, en kobalt. Die brandstowwe wat gelewer word, is steenkool, ruolie, natuurlike gas en verwante olieprodukte. Die belangrikste landbouproduk is graan. In 2010 het die maatskappy wêreldwyd 60% van die mark in sink en 50% van die mark in koper beheer. Hierdie produkte word gelewer aan klante in die motorvervaardigings-, elektrisiteitsopwekkings-, staalvervaardigings- en voedselverwerkingsbedrywe.

Fabrieke en kantore Glencore het fabrieke in 'n 30-tal lande en handelskantore in 40 lande.

Stigting Die firma is in 1974 deur Marc Rich gestig. Ivan Glasenberg is die huidige hoof- uitvoerende beampte en die hoofkantoor is in Baar, Switserland. In 2012 het dit met Xstrata saamgesmelt en daarna was Glencore op drie na die grootste mynboubedryf in die wêreld met 'n werknemerskorps van 160 000. In 2016 verkry Glencore byna 'n 20% belang in die Russiese oliemaatskappy Rosneft.

Aandele Aandele in Glencore word vanaf 2011 op die Londense effektebeurs verhandel en sedert 2013 op die JSE. Die grootste aandeelhouer is die staatsbeleggingsmaatskappy van Katar, genaamd Qatar Holdings. Ander groot aandeellhouers is Ivan Glasenberg en Black Rock, Inc. Tans is Glencore op vyf na die grootse firma wat op die JSE genoteer is.

Verwysings

Bronne www.glencorexstrata.com

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye