Sandi Schultz (gebore in 1964) is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise, gebore in Johannesburg en het drama studeer aan die Universiteit van Kaapstad.

Hoogtepunte van loopbaan Schultz se hoogtepunte van haar loopbaan as aktrise sluit die rol van Magenta in, in die Suid-Afrikaanse produksie van The Rocky Horror Show, Dorothy in The Wizard of Oz en Hermia in Midsummer Night’s Dream. Op televisie het Schultz as ʼn kontiniteitsaanbieder by M-Net gewerk vir ʼn paar jaar en het ook verskeie programme op SABC 2 aangebied, wanneer sy nie besig was met ʼn filmopname of ʼn teaterproduksie nie.

Tydens haar 12 jaarlange verblyf in Los Angeles het sy onder andere rolle in televisiereekse soos NYPD Blue en City Angels gekry. Met haar terugkoms na Suid-Afrika in 2005 het sy die rol van Dr. Jennifer Adams in die kykNET-reeks, Binnelanders, gekry. Sedert 2013 doen sy vryskut werk vir film en televisie waarvan sy rolle vertolk het van Dez in While You Weren’t Looking, Jamalia in Einfach Rosa: Wolken über Kapstadt en Maggie in die komediereeks, Hotel. In 2014 het sy teruggekeer na produksie en vervaardiging en het as mede-skrywer – en vervaardiger gewerk aan Independent Feature, saam met Laszlo Bene, via haar eie maatskappy, Klonkie Made Media.

Persoonlike lewe Sy is getroud met die Amerikaanse akteur John Savage in 1993. Hulle is in 2003 geskei.

Film

Deliria (1987) Stage fright, vertolk die rol van ʼn danser (1987) It’s Murphy’s Fault, vertolk die rol van Nancy (1989) Door to Silence, vertolk die vrou ʼn misterieuse vrou (1991) The Sandgrass People, vertolk die rol van Franscina (1990) Voice in the Dark, vertolk die rol van Sheena (1990) Buck ai confini del cielo (Buck at the Edge of Heaven), vertolk die rol van Kay Stark (1991) Porte del silenzio (Door to Silence) (1991) Primary Motive, vertolk die rol van ʼn verkoper (1992) Drum Beats, vertolk die rol van Virginia (1993) Killing Obsession, vertolk die rol van Annie Smith (1994) Where Truth Lies (1996) Flynn (1996) Notti di paura (Across Red Nights) (1997) Centurion Force (1998) Ghost Soldier,  (1999) The Anarchist Cookbook, vertolk die rol van Moon Child  (2002) Downtown: A Street Tale, vertolk die rol van Jada (2004) The Empire of Sharks, vertolk die rol van Sarah (2017) Noem my Skollie, vertolk die rol van Kettie (2016) Einfach Rosa: Wolken über Kapstadt, vertolk die rol van Jamila (2015) Assignment, vertolk die rol van Kathleen Jacobus (2015) While You Weren’t Looking, vertolk die rol van Dez (2015) Mooirivier, vertolk die rol van Valeria (2015) Die Löwin, vertolk die rol van Liefie (2012)

Teater

Celebration 2 Wizard of Oz Rocky Horror Picture Show The Doo Wah Girls The Disputation The Trojan Women La Ronde A Midsummer NIght’s Dream Guess Who’s Coming to Dinner A Chain of Voices

Televisie

Ashes to Ashes, vertolk die rol van Ms Booi (2015 – 2016) Binnelanders, vertolk die rol van Dr. Jennifer Adams (Seisoen 1 – 11) Die Spreeus, vertolk die rol van Rosa Scheffers Hotel, vertolk die rol van Maggie Conradie Knapsekêrels, vertolk die rol van Lynn Davids NYPD Blue, verolk die rol van Alice Kenyon (2000) Scandal!, vertolk die rol Arabella (2017) Survivor South Africa – Season 2, deelgeneem as haarself Trackers, vertolk die rol van Janina Mentz Vallei van Sluiers, vertolk die rol van Mary Willemse Screen Two, vertolk die rol van ʼn Portugese straatvrou (1989) City of Angels, vertolk die rol van Dr. Gwen Pennington (2000) Honeytown, vertolk die rol van Rose Solomon (1994)

Toekennings Vita-nominasie: Kunstenaar van die jaar vir The Rocky Horror Show (1993)

Bronnelys https://www.imdb.com/name/nm0776349/bio https://www.tvsa.co.za/actors/viewactor.aspx?actorid=607 https://esat.sun.ac.za/index.php/Sandi_Schultz https://www.imdb.com/name/nm0776349/

Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse modeontwerpers Kategorie:Alumni van die Universiteit Kaapstad