Die knikkopsuikerbos (Protea pendula) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Dit staan ook bekend as die ondersteboknopprotea. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika, dit kom voor vanaf die Sederberg tot by die Koue Bokkeveld waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik groei regop, word 3 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Junie.
'n Brand vernietig die plant, maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in droë, rotsagtige gebiede en op kranse op hoogtes van 1 000 - 2 000 m.
In Engels staan dit as die Nodding sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys Biodiversityexplorer Protea Atlas REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika