Husband Edward Kimmel (Henderson, Kentucky, 26 Februarie 1882 - Groton, Connecticut, 14 Mei 1968) was 'n Amerikaanse admiraal en bevelvoerder van die Stille Oseaanvloot tydens die aanval op Pearl Harbor op 7 Desember 1941.

Tien dae na die aanval is hy van sy pos onthef, verlaag in rang en deur Admiraal Chester W. Nimitz vervang. 'n Kommissie van ondersoek het hom daarvan beskuldig dat hy die verdediging van die basis nie genoegsaam georganiseer het nie. Hy het vroeg in Mei 1942 uit die vloot bedank. Die Kongres het hom sterk gekritiseer en hy het doodsdreigemente ontvang.

Hy is tydens die Japannese aanval deur 'n dwaalkoeël getref. Hy het later gesê hy sou eerder wou gesterf het.

Gesinslede het in 1995 pogings aangewend om sy naam te suiwer. Hy is in 1999 postuum tot sy rang herstel, toe die Amerikaanse senaat 'n nie-bindende resolusie aanvaar het om hom tot sy pos as Admiraal te herstel, omdat belangrike inligting in Washington DC oor die Japannese voorbereidings vir 'n aanval op Pearl Harbor van hom weerhou is. Nóg president Bill Clinton, nóg sy opvolgers, het egter op hierdie senaatresolusie gereageer.

Militêre loopbaan Adelbors, Verenigde State Vloot Akademie: 1904

Vaandrig, Vloot van die Verenigde State: 1906

Luitenant, Junior Graad, Amerikaanse Vloot:

Luitenant, Vloot van die Verenigde State: 2 Februarie 1909

Luitenant-bevelvoerder, die Amerikaanse Vloot:

Kommandeur, Amerikaanse Vloot: Junie 1923

Kaptein, Verenigde State Vloot:

Skou-admiraal (onderste helfte), die Amerikaanse Vloot: 1937

Skout-admiraal (boonste helfte), Verenigde State Vloot:

Vise-admiraal, Amerikaanse vloot, Februarie 1941

Skout-admiraal (onderste helfte), Verenigde State-Vloot: Maart 1942 (gepensioeneer)

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaners in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Amerikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Admiraals Kategorie:Geboortes in 1882 Kategorie:Sterftes in 1968