Die R404 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat George met Heroldsbaai verbind en staan ook bekend as die Skimmelkranspad.
Die roete begin waar dit afdraai van die R102, by George-lughawe. Die roete gaan verby die hoofingang na die lughawe, rondom die aanloopbaan en dan onderdeur die N2-nasionale pad. Daarna vurk die pad as 'n sirkelroete deur Heroldsbaai.
Op 7 Desember 2009 het 'n Embraer ERJ 135-vliegtuig van Airlink, tydens 'n geskeduleerde vlug (SA-8625), in nat weerstoestande gegly en by die einde van die aanloopbaan afgeloop en op die R404 tot stilstand gekom het.
Die uitkykpunt Voëlklip het bekend geword nadat twee motorvoertuie hier in die see beland het in 2019 en in 2021 en van die insittendes gesterf het..
Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika
Verwysings
Bron Departement van Vervoer
Kategorie:Streeksroetes in die Wes-Kaap