Die R406 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die N2-nasionale pad met Greyton en Genadendal verbind. Die roete begin 3 km wes van Caledon op die N2, gaan noordoos, gaan eers oor die Beinbrechtbrug en bereik dan Genadendal na 26 km. Die roete swaai oos en bereik dan Greyton 5 km verder. Hiervandaan swaai die roete suidoos en sluit by die N2 net voor Riviersonderend aan.
Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika
Bron Departement van Vervoer
Kategorie:Streeksroetes in die Wes-Kaap