Die Koronaviruspandemie van 2019-2020 verwys na die uitbreek van die Koronavirussiekte-2019, wat veroorsaak word deur die EARS-KoV-2-virus. Die uitbreek van 'n nuwe stam van die koronavirus is aanvanklik in Desember 2019 in die stad Wuhan, Hubei, Volksrepubliek China geïdentifiseer toe 'n groep mense met longontsteking gediagnoseer is sonder 'n duidelike oorsaak.El coronavirus se propagó desde el mercado de Wuhan y tenemos pruebas, dicen los científicos (Spanish) Infoterio Notícias | Ciencia y Tecnología. Consulted on February 7, 2023.The Huanan Seafood Wholesale Market in Wuhan was the early epicenter of the COVID-19 pandemic Science. Consulted on February 7, 2023.

duimnael|links|Bevestigde gevalle, sonder inagneming van nasionale bevolkingsgrootte: duimnael|links|Bevestigde gevalle per kapita: Die covid-19-uitbraak kan as 'n pandemie gekenmerk word, het die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, op 11 Maart 2020 in Genève gesê.Coronavirus outbreak 'can be characterised as a pandemic'. https://www.timeslive.co.za/news/world/2020-03-11-coronavirus-outbreak-can-be-characterised-as-a-pandemic-who-chief/ Besoek 11 Maart 2020. Op 13 Maart 2022 het die pandemie meer as 456 miljoen gevalle en 6.04 miljoen sterftes veroorsaak, wat dit een van die dodelikste in die geskiedenis maak.

Die eerste bevestigde geval in Suid-Afrika van die covid-19-siekte is op 4 Maart 2020 aangemeld. Dr. Zweli Mkhize, destyds minister van gesondheid het verklaar dat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) bevestig het dat 'n man van KwaZulu-Natal positief getoets is na 'n besoek aan Italië.Tania Heyns, Eerste geval van Covid-19 in Suid-Afrika aangemeld, https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/eerste-geval-covid-19-in-sa-aangemeld/ Maroela Media, 5 Maart 2020. Volgens statistieke van die departement van gesondheid op 15 Januarie 2024 was daar meer as 4 miljoen bevestigde gevalle in Suid-Afrika met 102 595 sterftes.

Die virus versprei primêr tussen mense op soortgelyke manier as griep, deur asemhalingsdruppels wat tydens hoes of nies geproduseer word. Die tyd tussen blootstelling en die begin van die simptome is gewoonlik vyf dae, maar dit kan wissel van twee tot veertien dae.

Simptome kan koors, hoes en kortasemigheid insluit.Symptoms of Novel Coronavirus (2019-nCoV) | CDC. U.S. Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 10 Februarie 2020. Besoek 11 Februarie 2020. Komplikasies kan longontsteking en akute respiratoriese noodsindroom insluit. Aanvanklik was daar geen entstof of spesifieke antivirale behandeling beskikbaar nie, hoewel dadelik met laboratoriumnavorsing begin is. Pogings was aanvanklik gerig op die hantering van simptome en ondersteunende terapie. Aanbevole voorkomende maatreëls het gereelde handewas, handhawing van afstand van siek mense, monitering en selfisolasie vir veertien dae vir mense wat vermoed dat hulle besmet is, ingesluit."Q&A on coronaviruses". World Health Organization (WHO). 11 Februarie 2020. Besoek 24 Februarie 2020.

Openbare gesondheidsreaksies in China en regoor die wêreld sluit in reisbeperkings, kwarantyn en instel van 'n staat van inperking. Dit sluit in die afsluiting van Hubei en verskeie maatreëls in China; die kwarantyn van die Britse vaartuig Diamond Princess in Japannese waters; sowel as afsluitings in Italië.Coronavirus: Shanghai neighbour Zhejiang imposes draconian quarantine. South China Morning Post. 6 Februarie 2020. Besoek op 8 Februarie 2020. Sommige lughawens en treinstasies het siftingsmetodes soos temperatuurmeting en gesondheidsverklaringsvorms ingestel."Coronavirus Update: Masks And Temperature Checks In Hong Kong". Nevada Public Radio. Besoek op 26 Januarie 2020 Verskeie lande het advies uitgereik wat waarsku teen reis na streke met voortgesette oordrag in die gemeenskap, soos Sentraal-China, Italië en Iran."Coronavirus Disease 2019 Information for Travel". U.S. Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 3 Februarie 2020. Argief op 30 Januarie 2020. Besoek op 6 Februarie 2020.Deerwester, Jayme; Gilbertson, Dawn. "Coronavirus: US says 'do not travel' to Wuhan, China, as airlines issue waivers, add safeguards". USA Today. Besoek op 26 Januarie 2020."Coronavirus Live Updates: Europe Prepares for Pandemic as Illness Spreads From Italy". The New York Times. 26 Februarie 2020. Besoek 26 Februarie 2020. Skole is vir minstens 1,2 miljard kinders gesluit, insluitend alle skole en verskeie universiteite in China, Iran, Japan en Italië.

Die pandemie het wêreldwye sosiale en ekonomiese ontwrigting veroorsaak,"Here Comes the Coronavirus Pandemic: Now, after many fire drills, the world may be facing a real fire". Editorial. The New York Times. 29 Februarie 2020. Besoek op 1 Maart 2020. waaronder die grootste wêreldwye resessie sedert die Groot Depressie. Tot 100 miljoen mense het in uiterste armoede verval en wêreldwye hongersnode het 265 miljoen mense geraak. Die pandemie het gelei tot die uitstel of kansellasie van sport-, godsdienstige, politieke en kulturele geleenthede,"A List of What's Been Canceled Because of the Coronavirus". The New York Times. 1 April 2020. Besoek op 11 April 2020." wydverspreide aanbodtekorte is vererger deur paniekaankope,Scipioni, Jade (18 Maart 2020). "Why there will soon be tons of toilet paper, and what food may be scarce, according to supply chain experts". CNBC. Besoek op 19 Maart 2020. en die vermindering van die uitlaat van besoedelende stowwe en kweekhuisgasse. Dit het ook vreemdelingehaat en rassisme teen mense van Chinese en Oos-Asiatiese afkoms ingesluit,Young, Evan (31 Januarie 2020). "'This is racism': Chinese-Australians say they've faced increased hostility since the coronavirus outbreak began". Special Broadcasting Service.Iqbal, Nosheen (1 Februarie 2020). "Coronavirus fears fuel racism and hostility, say British-Chinese". The Observer. ISSN 0029-7712. Besoek 4 Februarie 2020."Coronavirus fears trigger anti-China sentiment across the globe". Global News. Besoek op 4 Februarie 2020.Yeung, Jessie. "As the coronavirus spreads, fear is fueling racism and xenophobia". CNN. Besoek 4 Februarie 2020.Darrach, Amanda (25 Februarie 2020). "The new coronavirus and racist tropes". Columbia Journalism Review en die verspreiding van verkeerde inligting en fopnuus oor die virus, hoofsaaklik aanlyn."Fake Facts Are Flying About Coronavirus. Now There's A Plan To Debunk Them". NPR. Besoek 23 Februarie 2020. 'n Voorbeeld van sodanige vals inligting is die samesweringsteorievideo, Plandemic, wat in Mei 2020 vrygestel is.

Agtergrond Wuhan en die koronavirus duimnael|Simptome van covid-19 Wuhan is die hoofstad van Hubei en die sewende grootste stad in China, met 'n bevolking van meer as 11 miljoen inwoners. Dit was deur die eeue heen 'n belangrike vervoerkern van die land, al lank bekend as die "Nege Provinsies-deurweg", en die Wuhan spoorwegkruising is een van die vier belangrikste spoorwegkruisings in China. Dit is ongeveer 1100 km suid van Beijing, 800 km wes van Sjanghai en 970 km noord van Hongkong. Direkte vlugte vanaf Wuhan verbind dit met die groot internasionale stede in Europa en Noord-Amerika.

Gedurende Desember 2019 is 'n aantal siektegevalle aangemeld in Wuhan wat die simptome van 'n "longontsteking van onbekende oorsaak" bevat, gekoppel aan die Huanan-seekosmark, met 'n duisend stalletjies wat vis, hoenders, fisante, vlermuise, marmotte, giftige slange, bokke en ander wilde diere (ye wei of bosvleis) verkoop het. Die aanvanklike hipotese was dat dit 'n nuwe koronavirus van 'n dierlike bron ('n soönose) was.

Koronavirusse sirkuleer hoofsaaklik onder diere, maar dit is bekend dat dit ontwikkel en mense kan besmet, soos in die gevalle van ernstige akute respiratoriese sindroom (EARS) en Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (MORS), tesame met vier verdere koronavirusse wat ligte asemhalingsimptome soortgelyk aan gewone verkoue veroorsaak. Daar is aangetoon dat alle koronavirusse wat mense aangesteek het, van mens tot mens versprei kon word. Dit word vermoed dat die oordrag van koronavirusse hoofsaaklik plaasvind deur noue kontak deur middel van asemhalingsdruppels wat deur 'n draerpersoon wat nies of hoes gegenereer word.

Ontstaan Die eerste vermeende gevalle is op 31 Desember 2019 aangemeld, maar die eerste voorkoms van hierdie siekte het meer as drie weke vroeër op 8 Desember 2019 plaasgevind. Die mark is op 1 Januarie 2020 gesluit, en mense wat tekens en simptome van die koronavirusinfeksie getoon het, is geïsoleer. Meer as 700 mense, onder wie meer as 400 gesondheidsorgwerkers wat in noue kontak met moontlik besmette individue gekom het, is aanvanklik gemonitor. Na die ontwikkeling van 'n spesifieke diagnostiese PCR-toets vir die opsporing van die infeksie, is die teenwoordigheid van CoV-2-virus later by 41 mense in die oorspronklike Wuhan-groep bevestig, van wie twee later na berig word 'n getroude paartjie was, een van hulle was nie in die mark teenwoordig nie, en nog drie wat van dieselfde familie was wat by die seekosstalletjies van die mark gewerk het. Die eerste bevestigde sterfgeval van die koronavirusinfeksie het op 9 Januarie 2020 plaasgevind.

Op 20 Januarie 2020 dring die Chinese premier Li Keqiang aan op beslissende en effektiewe pogings om die longontsteking-epidemie te bekamp wat deur 'n nuwe koronavirus veroorsaak word,. Teen 23 Januarie 2020 het ten minste 25 sterftes plaasgevind, almal in China, en daar is bewyse van oordrag van mens tot mens. Uit uitgebreide toetsing het meer as 600 bevestigde gevalle aan die lig gekom, van wie sommige gesondheidsorgwerkers is.Lisa Schnirring: WHO decision on nCoV emergency delayed as cases spike 23 Januarie 2020 CIDRAP News, getoegang 23 Januarie 2020

Die eerste sterfgeval buite China is in die Filippyne aangemeld, waar 'n 44-jarige man van Wuhan van wie bevestig is dat hy die koronavirus opgedoen het, op 1 Februarie gesterf het.

Aanduidings en simptome Diegene wat besmet is, kan asimptomaties wees of simptome ontwikkel soos koors, hoes, moegheid, kortasem, of spierpyn. 'n WGO-oorsig van 55 924 laboratoriumbevestigde gevalle in China het die volgende tipiese tekens en simptome aangeduiː

SimptoomPersentasieKoors87.9%Droë hoes67.7%Moegheid38.1%Sputum produksie33.4%Kort van asem18.6%Spierpyn of gewrigspyn14.8%Seer keel13.9%Hoofpyn13.6%Kouekoors11.4%Naarheid of braking5%Neusverstopping4.8%Diarree3.7%Hemoptise0.9%Konjunktivale opeenhoping0.8%

Verdere ontwikkeling kan lei tot ernstige longontsteking, akute respiratoriese noodsindroom, sepsis, septiese skok en die dood. Sommige van diegene wat besmet is, kan asimptomaties wees, en toetsresultate wat die infeksie bevestig, vertoon, maar geen kliniese simptome toon nie, daarom het navorsers advies uitgereik dat individue met noue kontak met bevestigde besmette pasiënte noukeurig dopgehou en ondersoek moet word om infeksie uit te sluit.Guan, Wei-jie; e.a. "Clinical Characteristics of Coronavirus Disease 2019 in China". New England Journal of Medicine. doi:10.1056/NEJMoa2002032. .Pan, Xingfei; en andere (19 Februarie 2020). "Asymptomatic cases in a family cluster with SARS-CoV-2 infection". The Lancet Infectious Diseases. 0. doi:10.1016/S1473-3099(20)30114-6. ISSN 1473-3099. ."2019 Novel Coronavirus (2019-nCoV)". Centers for Disease Control and Prevention. 11 Februarie 2020. Besoek 18 Februarie 2020.

Die inkubasietydperk (die tyd tussen infeksie en die begin van die simptoom) wissel van een tot 14 dae, maar is meestal vyf dae."WHO COVID-19 situation report 29" (PDF). World Health Organization. 19 Februarie 2020. Daar word egter berig dat een geval 'n inkubasietydperk van 27 dae gehad het."Coronavirus incubation could be as long as 27 days, Chinese provincial government says". Reuters. 22 Februarie 2020.

Sterftestatistiek