Chalkudrai (antieke Grieks: χαλκύδραι, 'n samestelling van χαλκός chalkós, "koper", en ὕδρα udra, "hidra", "koperslang") is mitiese wesens waarna verwys word in die apokriewe 2 Henog uit die 1ste eeu n.C.Davidson, Gustav. (1967) A Dictionary of Angels, Including the Fallen Angels. Entry: 'Chalkydri', p. 84.F.I. Andersen. (1983) 2 (Old Bulgarian Apocalypse of) Enoch, a new Translation and Introduction in red. James Charlesworth The Old Testament Pseudepigrapha, Vol 1. p. 94. . In die allegorie bly die chalkudrai op die son saam met ander vlieënde diere wat fenikse genoem word. Hulle voorkoms is betowerend; hulle is wesens met die kleure van die reënboog, die kop van 'n krokodil en die voete en stert van 'n leeu, almal met twaalf vlerke.Rutherford H. Platt, Jr. (1926) The Forgotten Books of Eden. Entry: The Book of the Secrets of Enoch chapter XII. Met sonsopkoms sing hulle saam met die ander wesens en stel die voëls van die wêreld in kennis van 'n nuwe dag om oor verheug te wees.Louis Ginzberg. (1909) Legends of the Jews. Entry: The Creation of the World: The Sixth Day.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Pseudepigrawe Kategorie:Mitologiese wesens