Tanja Becker-Bender (11 Februarie 1978) is 'n Duitse violis. Sy is gebore in Stuttgart, Duitsland en woon tans in Berlyn en Hamburg.
duimnael|regs|upright|Tanja Becker-Bender
Opvoeding Becker-Bender het haar instrumentale opleiding van Helmut Zehetmair aan die Mozarteum-universiteit Salzburg, Wolfgang Marschner in Freiburg, Wilhelm Melcher in Stuttgart, David Takeno aan die Guildhall School of Music and Drama in Londen en Günter Pichler aan die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste in Wene, ontvang. Sy het haar studies met 'n Master of Music and the Artist Diploma onder Robert Mann aan die Juilliard-skool in New York voltooi.
Musikale loopbaan Becker-Bender het sedert die ouderdom van elf as solis op internasionale vlak opgetree onder leiding van dirigente soos onder andere Kurt Masur, Gerd Albrecht, Hubert Soudant en Fabio Luisi en met bekende orkeste soos die Stuttgart Radio-simfonieorkes, Berlyn Konzerthaus-orkes, Jerusalem Simfonieorkes, Orchester de la Suisse Romande en die Tokio Filharmoniese Orkes. As kamermusikant het sy tydens feeste verskyn saam met Gidon Kremer, Juri Bashmet, Boris Pergamenschikow en Arnold Steinhardt.
Becker-Bender het top pryse en toekennings verower in nasionale en internasionale kompetisies soos die in Genève (Switserland, CIEM), Tokio (Bunkamura Orchard Hall Award), België (Concours International de Musique de Chimay), Gorizia (Italië, Premio Rodolfo Lipizer), Genua (Italië, Premio Nicolò Paganini), Greensboro, Noord-Carolina (North Carolina, Eastern Music Festival) en in Houston (Texas, Houston Symphony League-toekenning).
Akademiese loopbaan Sy was die direktrise van die vioolprogram van die Europees-Amerikaanse Musikale Alliansie (EAMA) in 2004 en 2005 in Parys.
In 2006 is Becker-Bender aangestel as professor in viool aan die Hochschule für Musik Saar in Saarbrücken, Duitsland. Sy het sodoende vir Maxim Vengerov opgevolg. In die lente van 2009 is sy in 'n professoraat aangestel aan die Hochschule für Musik und Theater Hamburg, asook 'n soortgelyke aanstelling aan die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste in Wene. Sy het in die winterkwartaal van 2009/2010 haar onderrigaktiwiteite as professor in viool aan die Hochschule für Musik und Theater Hamburg (Universiteit van Musiek en Teater, Hamburg) begin. In 2011 is sy verkies tot 'n lid van die Freie Akademie der Künste in Hamburg (Akademie van die Kunste, Hamburg).
Diskografie Dvořák: Werke vir viool en klavier, Pavane, België, ADW 7418 (1999) Albinoni: Concertos vir viool, Brilliant Classics, Nederland, 92791 (2005) – CD Nr. 3 Beethoven: Klaviertrio, vol. 1 (met die Melcher-Trio), ARS Production, Duitsland, ARS 38 467 (2007) Paganini: 24 Caprices vir Soloviool, Hyperion, Londen, CDA 67763 (2009) – Redakteurskeuse-toekenning deur die Britse klassieke musiek-tydskrif Gramophone asook Classic FM Jean Perrin (1920–1988): Vioolconcerto (1983), DIVOX Excellence, Duitsland, CDX 209066 (2010) Erwin Schulhoff (1894–1942): Werke vir viool en klavier, Hyperion, Londen, CDA 67833 (Februarie 2011) – "Album van die Maand" deur die BBC Music Magazine Maart 2011 Max Reger (1873 - 1916), Vioolconcerto in A majeur, Op 101, en Twee Romanse vir viool en klein orkes, Op 50 - International Record Review "Uitstaande toekenning" (Februarie 2012) Ottorino Respighi (1879 - 1936), Vioolsonates & Stukke Paul Hindemith (1895-1963): Vioolsonates et al., Hyperion, Londen CDA 68014 (November 2013) Ferruccio Busoni (1866-1924): Vioolconcerto in D majeur, Op 35a, en rangskikkings van die Benedictus van die Missa Solemnis, Op 123, deur L.v. Beethoven, (eerste opname) - Richard Strauss (1864-1949): Vioolconcerto in D mineur, Op 8, Hyperion, Londen, CDA 68044 (Augustus 2014), genomineer vir die "Preis der deutschen Schallplattenkritik" Bartók (1881-1945): Die volledige werke vir viool en klavier, Sonate vir Vioolsolo, Klaviersonate, SWR>>music Stuttgart, Duitsland - Naxos Duitsland (2 CDs), CD-No. SWR 19003 CD (Januarie 2016), genomineer vir die "Preis der deutschen Schallplattenkritik"
Verwysings
Eksterne skakels
Tanja Becker-Bender: Profiel van 'n Vioolsolis (in Duits) Lewendige konsert - Tanja Becker-Bender tydens die Noord-Duitse Radio (NDR) uitsending te Hamburg (Januarie 2012) (in Duits)
Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Duitse violiste