SV Tasmania Gropiusstadt 73 is 'n sportklub uit die Neukölln-distrik van Berlyn, die hoofstad van Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling vir kegelbal. Gropiusstadt is 'n buurt in Neukölln.
Geskiedenis Die klub is op 2 Junie 1900 gestig as Rixdorfer TuFC Tasmania 1900. In die 1910/11-seisoen het die klub as kampioen van die Märkische Fußballbund aan die uitspeelwedstryde om die Duitse sokkerkampioenskap deelgeneem, maar is in die eerste rondte met 5-0 deur Karlsruher FV uitgeskakel.
In 1912 is Rixdorf se naam na Neukölln verander en is die klub herdoop na Neuköllner SC Tasmania. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar dis 'n jaar later herstig as SG Mitte-Neukölln. In 1949 is die klub herdoop na Tasmania 1900 Berlyn.
Promosie na die Bundesliga In 1965 het die DFB vir Hertha BSC Berlyn uit die Bundesliga gerelegeer na 'n oortreding van die spelervergoedingreëls. Nadat sowel Karlsruher SC as FC Schalke 04 op die vakante plek probeer beslag lê het, het die DFB op die ou end besluit dat geen span daardie seisoen sou relegeer nie en dat die kompetisie tot 18 spanne vergroot word. Die wenner van die Berlynse Regionalliga was Tennis Borussia Berlyn, maar hulle het uitgeval in die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga teen FC Beiere München en VfL Borussia Mönchengladbach. Die DFB wou egter vir politieke redes (dit was in die dae van die Koue Oorlog) 'n span uit Berlyn in die Bundesliga hê en het Hertha se plek vir Spandauer SV, wat tweede in die Regionalliga (destyds die tweede liga) geëindig het, aangebied. Spandauer SV het egter die aanbod van die hand gewys en dit het die weg vir Tasmania Berlyn, wat derde in die Regionalliga geëindig het, gebaan om na die Bundesliga te promoveer. Hierdie besluite is eers 2 weke voor die afskop van die nuwe seisoen gefinaliseer.
Dit was gou duidelik dat Tasmania Berlyn te swak vir die Bundesliga was en hoewel daar in die eerste wedstryd met 2-0 teen Karlsruher SC geseëvier is, sou die klub geskiedenis maak met die slegste Bundesligaseisoen nog ooit. Die span kon slegs 2 wedstryde wen, slegs 15 doele aanteken en het 108 afgestaan. Tasmania het loshande laaste geëindig met slegs 8 punte, die rekord vir die minste punte nog ooit. Die enigste span teen wie Tasmania nie verloor het nie was 1. FC Kaiserslautern, teen wie daar in beide wedstryde gelykop gespeel is. Die span hou onder meer die volgende Bundesligarekords:
49ste en laaste in die Bundesliga ewige-tabel Minste wedstryde gewen in 'n seisoen (2) Meeste wedstryde verloor in 'n seisoen (28) Enigste Bundesligaspan ooit sonder enige weg-oorwinnings Langste periode sonder 'n oorwinning (31 wedstryde - 14 Augustus 1965 tot 21 Mei 1966) Meeste tuisnederlae (12) Meeste opeenvolgende tuiswedstryde sonder 'n oorwinning (15) Meeste opeenvolgende nederlae (10). Hierdie rekord is deur DSC Arminia Bielefeld in die 1999/00-seisoen geëwenaar (tydens die 10de wedstryd is die span deur die skare as Tasmania Bielefeld toegesnou). Slegste doeleverskil: 15-108 Grootste tuisnederlaag: 0-9 teen Meidericher SV (26 Maart 1966) Minste aantal toeskouers vir 'n Bundesliga-wedstryd: 827 (15 Januarie 1966 teen VfL Borussia Mönchengladbach). Die span het egter vir sy eerste tuiswedstryd 81 500 toeskouers getrek en vir die tweede 70 000.
Die tydperk na relegasie Tussen 1966 en 1973 het die klub nog 2 keer die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga gehaal, maar was beide kere onsuksesvol. In 1973 is die klub bankrot verklaar, maar dis onmiddellik herstig as SC Tasmania 73 Neukölln. Die klub het in 2001 die huidige naam aangeneem en ding tans (status: 2007) in die Verbandsliga Berlyn op die 5de vlak mee.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Berlyn 1ste 1964-65 (II) Regionalliga Berlyn 3de 1965-66 (I) Bundesliga 18de 1966-67 (II) Regionalliga Berlyn 1ste 1967-68 (II) Regionalliga Berlyn 1ste 1968-69 (II) Regionalliga Berlyn 1ste 1969-70 (II) Regionalliga Berlyn 1ste 1970-71 (II) Regionalliga Berlyn 1ste 1971-72 (II) Regionalliga Berlyn 1ste 1972-73 (II) Regionalliga Berlyn 1ste bankrotskap 1973-74 (VII) C-Klasse 1974-75 (VI) B-Klasse 1975-76 (VI) A-Klasse 1976-77 (VI) A-Klasse 1977-78 (V) A-Klasse 1978-79 (IV) Landesliga Berlyn 5de 1979-80 (IV) Landesliga Berlyn 6de 1980-81 (IV) Landesliga Berlyn 2de 1981-82 (III) Am.Oberliga Berlyn 9de 1982-83 (III) Am.Oberliga Berlyn 14de 1983-84 (III) Am.Oberliga Berlyn 13de 1984-85 (III) Am.Oberliga Berlyn 7de1985-86 (III) Am.Oberliga Berlyn 8ste 1986-87 (III) Am.Oberliga Berlyn 3de 1987-88 (III) Am.Oberliga Berlyn 6de 1988-89 (III) Am.Oberliga Berlyn 9de 1989-90 (III) Am.Oberliga Berlyn 10de 1990-91 (III) Am.Oberliga Berlyn 16de 1991-92 (IV) Verbandsliga Berlyn 1992-93 (IV) Verbandsliga Berlyn 5de 1993-94 (IV) Verbandsliga Berlyn 18de 1994-95 (VI) Landesliga Berlyn-2 8ste 1995-96 (VI) Landesliga Berlyn-2 1ste 1996-97 (V) Verbandsliga Berlyn 1ste 1997-98 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 6de 1998-99 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 16de 1999-00 (V) Verbandsliga Berlyn 19de 2000-01 (VI) Landesliga Berlyn-1 12de 2001-02 (VI) Landesliga Berlyn-2 2de 2002-03 (V) Verbandsliga Berlyn 2de 2003-04 (V) Verbandsliga Berlyn 2de 2004-05 (V) Verbandsliga Berlyn 10de 2005-06 (V) Verbandsliga Berlyn 2de 2006-07 (V) Verbandsliga Berlyn 2de 2007-08 (V) Verbandsliga Berlyn
Eksterne skakels Amptelike klubwerf Abseits Guide to German Soccer
Tasmania Kategorie:Sport in Berlyn