SV Blouwit Berlyn is 'n sportklub uit die Tempelhof-distrik van Berlyn, die hoofstad van Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling vir handbal.

Geskiedenis Die klub se oudste voorganger was Berliner FC Vorwärts 1890, wat op 2 November 1890 gestig is. Die klub was 'n stigterslid van die Duitse sokkerbond in Leipzig in 1900. Vorwärts het die Berlynse kampioenskap in 1902, 1903 en 1921 gewen. Die klub het ook sy grootste sukses in 1921 behaal toe dit die eindstryd om die Duitse kampioenskap gehaal het, waar daar met 0-5 teen 1. FC Neurenberg verloor is. Die klub het in dieselfde jaar 4 lede vir die Duitse nasionale sokkerspan gelewer.

Die ander voorganger was Berliner Thor- und Fussball Club Union 1892 (BTuFC Union), wat op 8 Junie 1892 gestig is. Hierdie klub was ook 'n stigterslid van die Duitse sokkerbond in Leipzig in 1900 en het in 1905 die Duitse kampioen geword deur Karlsruher FV met 2-0 in die eindstryd te verslaan.

Die twee klubs het op 27 Junie 1927 saamgesmelt om Sportlichen Vereinigung Blau-Weiß 1890 Berlin te vorm. In 1928 het Arminia 1906 Berlyn by die klub aangesluit. Na die herorganisering van Duitse sokker in die Derde Ryk in 1933, het die klub in die Gauliga Berlyn-Brandenburg meegeding. Blau-Weiss het die liga 2 keer gewen en in 1942 derde geëindig in die uitspeelwedstryde om die nasionale titel. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar later weer saam met Mariendorfer Ballspiel Club 1906 en Sportclub Krampe 1926 herstig as SG Mariendorf. Hierdie klub het in 1949 weer in die oorspronklike 3 klubs verdeel: SpVgg Blau-Weiss 90 Berlin, SC Krampe Berlyn en SC Mariendorf. Laasgenoemde twee klubs het in 1985 saamgesmelt as die huidige SV Mariendorf.

Blau-Weiss het in 1950 die Oberliga Berlyn op die hoogste vlak gehaal, maar het in 1963, met die stigting van die Bundesliga, in die Regionalliga Berlyn op die tweede vlak gespeel. In 1973 het die klub onsuksesvol aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga deelgeneem. Na 1974 het die klub in die derde en vierde ligas meegeding, maar in 1984 het die klub die derde liga gewen en is na 'n reeks uitspeelwedstryde na die 2. Bundesliga gepromoveer. In 1986 het die klub sy grootste na-oorlogse prestasie gelewer deur tweede te eindig en verrassend na die Bundesliga te promoveer.

Die klub is egter na een seisoen gerelegeer en het hierna finansieel vinnig agteruitgegaan. In 1992 is die klub bankrot verklaar. Dit is onmiddellik herstig as SV Blouwit Berlyn, maar moes in die laagste stadsligas weer oor begin. Teen 1996 het die klub weer die Landesliga Berlyn gehaal op die sesde vlak, maar die klub is in 2006 weer na die Bezirksliga gerelegeer, waar die klub steeds vandag meeding (status: 2007).

Erelys Duitse sokkerkampioen 1905

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Berlyn 5de 1964-65 (II) Regionalliga Berlyn 7de 1965-66 (II) Regionalliga Berlyn 10de 1966-67 (II) Regionalliga Berlyn 11de 1967-68 (II) Regionalliga Berlyn 8ste 1968-69 (II) Regionalliga Berlyn 10de 1969-70 (II) Regionalliga Berlyn 4de 1970-71 (II) Regionalliga Berlyn 3de 1971-72 (II) Regionalliga Berlyn 3de 1972-73 (II) Regionalliga Berlyn 1ste 1973-74 (II) Regionalliga Berlyn 3de 1974-75 (III) Amateurliga Berlyn 4de 1975-76 (III) Amateurliga Berlyn 4de 1976-77 (III) Amateurliga Berlyn 7de 1977-78 (III) Amateurliga Berlyn 15de 1978-79 (IV) Landesliga Berlyn 2de 1979-80 (III) Am.Oberliga Berlyn 13de 1980-81 (III) Am.Oberliga Berlyn 16de 1981-82 (IV) Landesliga Berlyn 7de 1982-83 (IV) Landesliga Berlyn 1ste 1983-84 (III) Am.Oberliga Berlyn 1ste 1984-85 (II) 2.Bundesliga 7de 1985-86 (II) 2.Bundesliga 7de 1986-87 (I) Bundesliga 18de1987-88 (II) 2.Bundesliga 7de 1988-89 (II) 2.Bundesliga 8ste 1989-90 (II) 2.Bundesliga 9de 1990-91 (II) 2.Bundesliga 6de 1991-92 (II) 2.Bundesliga-Noord 10de bankrotskap 1992-93 (X) Kreisliga C 1ste 1993-94 (IX) Kreisliga B Stapel 1 1ste 1994-95 (VIII) Kreisliga A Stapel 3 2de 1995-96 (VII) Bezirksliga Stapel 2 1ste 1996-97 (VI) Landesliga Berlyn-2 13de 1997-98 (VI) Landesliga Berlyn 7de 1998-99 (VI) Landesliga Berlyn 3de 1999-00 (VI) Landesliga Berlyn-1 7de 2000-01 (VI) Landesliga Berlyn-1 2de 2001-02 (VI) Landesliga Berlyn-1 11de 2002-03 (VI) Landesliga Berlyn-1 10de 2003-04 (VI) Landesliga Berlyn-1 12de 2004-05 (VI) Landesliga Berlyn-1 9de 2005-06 (VI) Landesliga Berlyn-1 16de 2006-07 (VII) Bezirksliga, Stapel 2 5de 2007-08 (VII) Bezirksliga, Stapel 1

Eksterne skakels Amptelike klubwerf Abseits Guide to German Soccer

Berlyn Kategorie:Sport in Berlyn