Yoshirō Mori (森 喜朗, Mori Yoshirō, gebore 14 Julie 1937) is 'n Japannese politikus wat tussen April 2000 en April 2001 as die Eerste minister van Japan gedien het. Hy is beskryf as om die "die hart van 'n vlooi en die brein van 'n haai" te besit, en was ongewild in meningspeilings tydens sy ampstermyn.
Hy is tans president van die Japan Rugby Football Union asook die Japan-Korea Parlementariërsunie. In 2014 is hy aangestel as hoof van die reëlingskomitee vir die Olimpiese Somerspele in 2020.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Japannese rugbyspelers Kategorie:Eerste Ministers van Japan