Aart Staartjes (1 Maart 1938 - 12 Januarie 2020) was 'n Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker. Hy is gebore in Nieuwendam, Amsterdam. Hy is veral bekend vir sy rol as Meneer Aart op Sesamstraat, die Nederlandse medeproduksie van Sesame Street. Staartjes het ook die jaarlikse aankoms van Sinterklaas in Nederland aangebied.

Staartjes is op 10 Januarie 2020 ernstig beseer in 'n motorongeluk. Hy is twee dae later aan sy beserings in Groningen oorlede. Hy was 81 jaar oud.

Filmografie De Fabeltjes Krant (TV-reeks), stem van Rocus de Vrije Vogel (1969-72) De Stratemaker-op-zee Show (TV-reeks), as Stratemaker-op-zee, afgekort "Straat" Oorlogswinter (Winter in Wartime) (1975 TV mini-series), Direkteur Pinkeltje (1978 film), as Pinkeltje (Vingerling) De Film van Ome Willem (TV-reeks) J.J. de Bom, voorheen de Kindervriend (TV-reeks), as Hein Gatje (1979-81) Het Klokhuis (TV-reeks) 1988-, onder andere as Fetze Als-vanouds Waltz (TV-reeks) 2006, as Willy Waltz

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Nederlandse akteurs