Die Northrop Grumman B-21 Raider is 'n voorgestelde strategiese bomwerper onder ontwikkeling by Northrop Grumman in Amerika. Die bomwerper sal deel van die langafstandbomwerperaanvalsprogram (LRS-B) van die Amerikaanse Lugmag word. Die bomwerper beskik oor 'n baie lang togafstand met verskuilkenmerke wat konvensionele bomme sowel as kernwapens kan dra.

Daar word verwag dat die bomwerper in diens gestel sal word in 2025. Dit moet die bestaande vloot van Rockwell B-1 Lancer, Northrop Grumman B-2 Spirit, en die Boeing B-52 Stratofortress bystaan en uiteindelik vervang.

Verwysings

Kategorie:Bomwerpers