Heinrich Schiff (18 November 1951 – 23 Desember 2016) was 'n Oostenrykse tjellis en dirigent.
Vroeë lewe Heinrich Schiff is op 18 November 1951 in Gmunden, Oostenryk gebore. Sy ouers Helga (neè Riemann) en Helmut Schiff was komponiste. Hy het tjello studeer onder Tobias Kühne en André Navarra, en in 1971 sy solodebuut in Wene en Londen gemaak. Hy het komposisie onder Hans Swarowsky gestudeer.
Loopbaan Schiff het sy buiging as dirigent in 1986 gemaak. Hy was vanaf 1990 tot 1996 artistieke direkteur van die Northern Sinfonia, en het saam met die orkes opnames vir die Collins Classics plaat-etiket gemaak. Hy was ook hoofdirigent van die Kopenhagen Filharmoniese Orkes in Kopenhagen, Denemarke (1996-2000) en die Orchester Musikkollegium Winterthur (1996-2001).nzz.ch
In 2004 is hy as hoofdirigent van die Weense Kamerorkes aangestel, en het in die hoedanigheid van 2005 tot 2008 gedien. Hy het die pos in 2008 om gesondheidsredes opgesê.
Schiff het die "Mara" Stradivarius (1711) en "Sleeping Beauty", wat deur Domenico Montagnana in 1739 in Venesië gemaak is, bespeel.Griffiths, Bill, Northern Sinfonia. Northumbria University Press, p. 21 (). Sy opname van Bach se Tjellosuites het verskeie pryse gewen en sy opname van Sjostakowitsj se concertos het in 1985 die Grand Prix du Disque gewen. Sy opname van Brahms se Dubbelconcerto saam met Frank Peter Zimmermann en Wolfgang Sawallisch het die Deutscher Schallplattenpreis gewen. Komponiste wat tjelloconcertos vir Schiff geskryf het sluit John Casken en Friedrich Gulda in.
Onder sy studente tel Rudi Spring, Gautier Capuçon, Richard Harwood en Natalie Clein.
Ander Schiff het dikwels pyn in sy regterskouer en - arm ondervind, te wete die arm wat die strykstok vasgehou het. Dit is vermoedelik veroorsaak deur ooreising, en Schiff het die pyn probeer ignoreer. Terwyl hy op 25 April 2010 aan 'n kamerkonsert in Wene deelgeneem het, moes hy gedurende optredes breke neem as gevolg van die pyn. Na die aand het hy nooit weer in die openbaar tjello gespeel nie.
Die "Mara"-tjello word sedert 2012 deur Christian Poltéra, een van Schiff se voormalige studente, bespeel.www.christianpoltera.comDie Zeit 7 Mei 2015 / Carolin Pirich: Oh, Mara!
Afsterwe Schiff het op 23 Desember 2016 in Wene op die ouderdom van 65 jaar beswyk.
Verwysings
Eksterne skakels Die Intermusica agentskap se biografie van Heinrich Schiff Onderhoud met Heinrich Schiff, 3 Julie 1989
Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Sterftes in 2016 Kategorie:Tjelliste Kategorie:Oostenrykse dirigente