duimnael|450px|Gautier Capuçon saam met Jean-Claude Casadesus Gautier Capuçon (gebore op 3 September 1981) is 'n Franse tjellis.

Biografie Gautier Capuçon is in Chambéry, Savoie gebore; die jongste van drie kinders. Sy broer is die violis Renaud Capuçon.

Hy het op 4-jarige leeftyd die tjello begin leer.Gautier Capuçon onderhoud, Virgin Classics promosiefilm, 2003Gautier Capuçon onderhoud, Borletti-Buitoni Trust, Londen, 2004La Croix, 1 December 2006 "Renaud et Gautier Capuçon frères d'archet" Hy het formele musikale opvoeding in sy tuisdorp begin ontvang by die Ecole Nationale de Musique de Chambéry,Columbia Artist Management Inc., New York waar hy gegradueer het met eerste pryse in tjello en klavier.

In Parys het hy aanvanklik tjello onder Annie Cochet-Zakine gestudeer, wat Capuçon in Chambéry hoor speel het en hom saam met haar na die Conservatoire Supérieur de Paris (CNR) geneem het, en waar hy in 1997 gegradueer het met die eerste prys in tjello. Hierna het hy 'n leerling van die tjello-pedagoog Philippe Muller by die Conservatoire National Supérieur de Musique de Paris (CNSMP) geword, waar hy in 2000 gegradueer het met eerste pryse in tjello en kamermusiek. Daarna het hy sy studies onder Heinrich Schiff by die Universiteit vir Musiek en Uitvoerende Kunste, Wene, voltooi.International Who's Who in Classical Music 2008, pub: Routledge (2008)

Hy was tussen 1997 en 1998 as student 'n tjellis gewees in die Europese Gemeenskaps-jeugorkes en ook in die Gustav Mahler Jugendorchester waar hy onder dirigente soos Bernard Haitink, Pierre Boulez en Claudio Abbado gespeel het.

Hy is ook 'n gerekende pianis. Hy het die klavier op die ouderdom van 7 begin leerAgence Artistique Jacques Thelen, Paris en dit as sy tweede instrument by die Conservatoire Supérieur de Paris onder Christophe Egiziano bestudeer.French Music Export Offices Hy geniet dit om klavierjazz vir ontspanning te speel. Hy gee tans klas by Classe d'Excellence de Fondation Louis Vuitton.

Pryse Eerste prys, Maurice Ravel Internasionale Akademie van Musiek kompetisie, Saint-Jean-de-Luz, Frankryk, 1998 Tweede prys, 3de Adam Internasionale Tjellofees en -kompetisie, Christchurch, Nieu-Seeland, 1999 Eerste prys, 1ste André Navarra Internasionale Tjellokompetisie, Toulouse, Frankryk, 1999 Victoires de la Musique Classique, “Nuwe Talent van die Jaar”, 2001 Borletti-Buitoni Trust-toekenning, 2004 Echo Classics-prys (kategorie: Jong Kunstenaar van die Jaar) Duitsland, 2004 Echo Classics-prys (kategorie: Kamermusiek opname van die Jaar (20/21ste eeu)) Duitsland 2007 Echo Classics-prys (kategorie: Concerto opname van die Jaar) Duitsland 2010/2011 Echo Classics-prys (kategorie: Kamermusiek opname van die Jaar (19de eeu/Gemengde Ensemble)) Duitsland, 2012

Diskografie Capuçon was 'n eksklusiewe opnamekunstenaar vir Virgin Classics ('n afdeling van EMI) gewees. In 2015 het hy opnames gemaak vir Erato, 'n afdeling van die Warner Music Groep.

Orkes: Dvorak - Tjelloconcerto, 2009 Herbert - Tjelloconcerto no.2, 2009 Haydn - Tjelloconcertos, 2003 Brahms - Dubbelconcerto vir tjello en viool, 2007 Tsjaikofski - Variasies op 'n Rococo-tema, 2010 Prokofiëf - Sinfonia Concertante, 2010 Sjostakowitsj - Tjelloconcertos, 2015

Kamermusiek: Ravel - Kamermusiek, 2002 Face à Face: Viool- en tjelloduette, 2003 Saint Saëns - Karnaval van die Diere, 2003 Brahms - Klaviertrios, 2004 Schubert - Forelkwintet, 2004 Inventions: Viool- en tjelloduette (Bach, Eisler, Karol Beffa, Bartok, Martinu), 2006 Schubert - Klaviertrios, 2007 Rachmaninoff & Prokofiëf: Tjellosonates, 2008 Fauré: Volledige kamermusiek vir strykinstrumente, 2011

Bykomend hiertoe, was Gautier Capuçon deel gewees van EMI se jaarlikse VD vrystellings van lewendige opnames van die Lugano fees; "Martha Argerich & Friends"; waar hy gereeld as gas optree.

Bestuur Gautier Capuçon word verteenwoordig deur:

Frankryk: Agence Artistique Jacques Thelen, Parys VK: Harrison Parrott Duitsland: Weigold & Böhm Noord-Amerika: Columbia Artists Management Ing., New York Japan: Kajimoto Concert Management, Tokio

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste Gautier Capuçon se diskografie op EMI Classics

Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Tjelliste