Hailemariam Desalegn Boshe (Ge'ez: ኃይለማሪያም ደሳለኝ ቦሼ; gebore op 19 Julie 1965) is 'n Ethiopiese politikus wat van 2012 tot 2018 as die 8ste premier van Ethiopië gedien het. Hy was ook voorheen adjunkminister en minister van buitelandse sake onder die eerste minister Meles Zenawi van 2010 tot 2012. Ná die dood van Meles in Augustus 2012 het Hailemariam hom opgevolg as premier, aanvanklik in 'n waarnemende hoedanigheid. Hy is daarna op 15 September 2012 verkies tot die voorsitter van die regerende party Ethiopiese Volksrewolusionêre Demokratiese Front (EPRDF). Hailemariam was ook van 2013 tot 2014 voorsitter van die Afrika-unie.
duimnael|links|Hailemariam Desalegn met die Amerikaanse president Barack Obama in 2014 Hy het op 15 Februarie 2018 sy bedanking as premier van Ethiopië en EPRDF-voorsitter ingedien in reaksie op die uitval van massa-betogings en onrus in 2016. Sy bedanking is op 11 Maart 2018 aanvaar, maar hy was tot op 2 April 2018 in die amp as premier. Hailemariam is die eerste heerser in die moderne Ethiopiese geskiedenis wat uitgetree het; vorige leiers is in die amp oorlede of omvergewerp. Hy het gesê hy wil die weg vir hervormings baan.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Eerste Ministers van Ethiopië Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense