Die Iljoesjin (Russies Илью́шин Ил-114) is 'n Russiese tweemotorige turboskroefaangedrewe passasiersvliegtuig, ontwerp vir plaaslike streeksdienste. Dit is ontwerp om die Antonof An-24 te vervang en het die eerste keer in 1990 gevlieg. Slegs twintig Il-114s is gebou.
Produksie van die Il-114 is tydelik gestaak in Julie 2012 nadat die sesde en laaste vliegtuig aan die Oesbekistan Lugdiens op 24 Mei 2013 afgelewer is. In 2016 het die maatskappy 'n verklaring uitgereik dat produksie weer sal voortgaan met alle onderdele wat in Rusland vervaardig sal word. Die eerste vliegtuig na die hervatting van produksie het in 2019 gevlieg met die eerste vliegtuig wat in 2021 afgelewer sal word vir kommersiële diens.
Die besluit om produksie te staak is deur die Oesbekistaanse regering geneem om die produksielyn te verander om ander produkte te vervaardig bv. motoronderdele, huishoudelike produkte en landboutoerusting, ten spyte van die Russiese regering se versekering dat daar 'n groot aanvraag vir die vliegtuig is. Dit het tot gevolg gehad dat 'n fabrieksverteenwoordiger in Oktober 2013 aangekondig het dat produksie wel sal voortgaan nadat die fabriek hul finansiële sake georden het, en ook onderhandelinge met 'n Russiese vennoot afgehandel het.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Passasiersvliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie