Die PZL M28 Skytruck is 'n Poolse ligte vrag- en passasiersvliegtuig met kort-opstyg-en-land vermoë, ontwikkel uit die Antonof An-28 wat onder lisensie vervaardig word. Die eerste eenhede gebou onder lisensie was die PZL An-28 genoem. Die maritieme en verkenningsvliegtuig is die PZL M28B Bryza (Seebries) genoem.

Ontwikkeling Die Antonof An-28 was die wenner van 'n kompetisie teen die Beriev Be-30 vir 'n nuwe, ligte passasiers- en veeldoelige vliegtuig vir Aeroflot se korter roetes. Dit het die suksesvolle maar verouderde Antonof An-2 dubbeldekker vliegtuig vervang. Die An-28 is op sy beurt ontwikkel uit die Antonof An-14. Die An-28 het die hoë vlerk en dubbelstertvinkonsep behou maar die romp is langer en verbeter. Dit is ook toegerus met turboskroefmotore. Die aanvanklike motors was die TVD-850 maar die produksieweergawe is toegerus met die kragtiger TVD-10B, met drielemskroewe.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Patrollievliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie