Die British Aerospace ATP (ATP=Advanced Turbo-Prop) is 'n vliegtuig wat deur British Aerospace gebou is. Dit is in die 1980's in diens gestel as 'n ontwikkeling van die Hawker Siddeley HS 748. Die brandstofkrisis en nuwe bekommernisse oor vliegtuiggeraas het veroorsaak dat die besigheidsbeplanners van British Aerospace geglo het dat daar nog plek in die mark was vir 'n brandstofdoeltreffende, laegeraas, turboskroefvliegtuig met 'n kort togafstand. Teen die tyd dat die vliegtuig bekend gestel is was ontwerpe soos die de Havilland Canada Dash 8, ATR 42 en ATR 72 reeds gevestig en is produksie na slegs 65 eenhede gestaak.

Teen Desember 2018 was slegs twintig van die vliegtuie nog in gebruik; vyftien deur West Air Sweden, twee deur Deraya en drie deur EnComm.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Passasiersvliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie