duimnael|Jan en sy familie. Jan is tweede van links op die onderste ry. Johannes ("Jan") Aloysius Antonius Engelman (7 Junie 1900, Utrecht – 20 Maart 1972, Amsterdam) was 'n Nederlandse digter, kritikus en vertaler.
As digter het hy veral bekendheid verwerf met sy gedig Vera Janacopoulos,Sien die weergawe in die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde, DBNL wat volgens sommige 'n tipiese voorbeeld is van suiwer poësie ("poésie pure"). 'n Ander bekende gedig wat as sodanig gesien word is En Rade,Sien die weergawe in die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde, DBNL wat deur Engelman self 'n "vocalise" genoem word.
Die skrywer, digter en essayis Simon Vestdijk het in sy studies van die poësie getiteld De glanzende kiemcel (1942) gekonstateer dat gedigte soos Vera Janacopoulos nie net op klanke gebaseer is nie ('n wesenlike deel van "poésie pure"), maar dat die betekenis van die afsonderlike woorde bydra tot die poëtiese atmosfeer van die gedig. Die gedig het bekend geword nadat dit in 'n tydskrif verskyn het, en is deur sommiges as belaglik geag en selfs die "einde der poëzie" (Anthonie Donker) genoem.
Erotiek Engelman was om sowel sy opvattings en gedigte as sy persoonlike lewe 'n omstrede figuur in die literêre establishment van voor die Tweede Wêreldoorlog. Daarvolgens sou hy losse seksuele sedes hê, hoewel hy hom nooit eksplisiet daaroor uitgelaat het nie. In sy gedigte (byvoorbeeld die bundel Tuin van Eros) is daar vele "erotiese" elemente te vind, soos in die gedig Zacht branden,Sien vir die gedig onder meer DBNL of in 'n fragment soos:
O bleeke heup, op bed gevonden als horizon en heuvelkam, o borsten, zachter neergewonden dan donzen vogels, vleugellam –
Die reël "haar schoot geurde wild als zoo menig uur" het die Katolieke van De Nieuwe Gemeenschap dwars in die krop gesteek.
Ook die pentekeninge van Hendrik Wiegersma in sy bundel Tuin van Eros (1932) is duidelik op erotiek gerig (sien ook die aanlyn weergawe). Die bundel is in sy geheel raadpleegbaar via die Digitale Bibliotheek vir Nederlandse Letterkunde Dit het egter nie verhinder dat Engelman die bundel in 'n beperkte oplaag aan die publiek beskikbaar gestel het nie (versorg deur die bekende Maastrichtse tipograaf Charles Nypels). In 1934 was hy die gesamentlike wenner van die Mei-prys vir Nederlandse letterkunde saam met A. den Doolaard. Na aanleiding van die prysuitreiking het daar 'n heruitgawe verskyn (Tuin van Eros en andere gedichten) waarin enkele passasies weggelaat is vanweë hul afstootlike karakter, maar ook tallose gedigte bygevoeg is. Dit is uitgegee deur 'n groter uitgewer (Em. Querido's Uitgeverij).
Waardering Alhoewel hy as digter en figuur in die gepolariseerde literêre establishment 'n omstrede figuur was, is Engelman hoog aangeslaan. Alleen die groot aantal reaksies op sy werk getuig daarvan. Die belangrikste verdediger van sy werk was Anton van Duinkerken, wat net soos Engelman uit die kringe van die Jong-Katolieke afkomstig was. Vir hom was Engelman bewys daarvan dat ook Katolieke kon dig sonder om hul te beperk tot die gebruiklike vrome verse. Ook relatiewe buitestaanders soos Hendrik Marsman, Martinus Nijhoff en selfs die outeur van Forum ('n literêre tydskrif), E. du Perron, het waardering uitgespreek vir Engelman se werk. Alleen Menno ter Braak en meer puriteins ingestelde Katolieke kritici het sy werk afgekraak, veral om lewensbeskoulike redes.
Na die Tweede Wêreldoorlog het die Vijftigers op die literêre toneel verskyn. Met hul eksperimentele digkuns en bravade het hul vele van die voor-oorlogse outeurs uit die weg geruim. Engelman het in die tyd nouliks nog gedigte gepubliseer en hom eksklusief toegespits op die kunsgeskiedenis. Gedigte soos "Vera Janacopoulos" en "En Rade" kom nog steeds voor in handboeke en skoolbloemlesings, maar sy werk word vandag in toenemende mate nie meer gelees nie. In die jare negentig het die bekende neerlandikus Guus Sötemann Engelman tot die vergete digters "die nog maar namen lijken" gereken.boeken.vpro.nl
Persoonlike lewe Engelman het op 27 April 1922 in Utrecht met Bep Oosterman (1894-1973) getrou.Die gegewens in hierdie afdeling is grotendeels ontleen aan die biografie van Jan Engelman in die Jaarboek van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde van 1974 en aan die webwerf Genealogie van Wijman en Engelman . Bep Oosterman was 'n verpleegster. Haar volle name was Elizabeth Suzanna Helena Johanna. Sy is op 19 Junie 1894 in Amsterdam gebore en oorlede op 26 Januarie 1973 in Rotterdam. Hulle het in Utrecht gewoon en twee dogters gehad. Die huwelik was nie gelukkig nie, en in 1931 het Engelman en Oosterman se paaie geskei.Engelman sou later verklaar dat hy uit medelye met haar getroud is, nadat haar broer wat in Utrecht studeer het in 1921 selfmoord gepleeg het. Die egpaar is egter nooit amptelike geskei nie. Engelman het na Oudegracht 341 in Utrecht verhuis. In 1937 het hy die boonste verdieping van 'n huis aan die Van Asch van Wijckskade 29bisA betrek. In April 1937 het hy Joanna Diepenbrock leer ken. Sy was die oudste dogter van die komponis Alphons Diepenbrock. Hul kennismaking het plaasgevind tydens die ingebruikneming van die nuwe AVRO-studio in Hilversum, waar Diepenbrock haar vader se deklamatorium De dijk voorgedra het. Kort daarna het hulle 'n verhouding begin wat tot Joanna se afsterwe sou duur. Die twee is nooit getroud nie en het apart gewoon (Engelman in Utrecht en sy in Amsterdam). Hulle het een seun gehad.
Joanna Diepenbrock is in 1966 op Engelman se verjaardag oorlede. Hy kon nooit haar dood verwerk nie. Aan die begin van 1967 is hy vir ses weke observasie opgeneem in 'n mediese inrigting. Daarna het hy van Utrecht na Amsterdam verhuis waar hy by sy seun Florian in Johannes Verhulststraat 89 ingetrek het. Hy is die laaste sewe maande van sy lewe versorg deur die dagverpleegster Dien van Wageningen. Hy het die oggend van 20 Maart 1972 gesterf en is onder groot belangstelling begrawe by die Begraafplaats Buitenveldert op 23 Maart 1972.
Verering In 1994 het die Stiltecentrum in Hoog Catharijne die buitemuur versier met die slotlyne van 'n kersgedig wat Engelman tydens Kersfees in 1940 geskryf het. Engelman se dogter, mev. Jurgens-Engelman, het die onthulling daarvan gemaak:
"Stil zijn in het wild gewemel van een wereld zo ontzind, stil en droomen van een hemel waar het zwakste overwint."
In 2005 is die reëls egter tydens 'n opknapping van die gebou deur 'n nuwe muurskildery vervang. Sien: "De gratis regels van Jan Engelman", in: Gied ten Berge, Vredesbeweger , Nijmegen 2008. In 2006 het vier Belgiese musikante van die groep "Redcel Elf" 'n musikale verwerking van die gedig "Vera Janacopoulos" gemaak. Op die webwerf Poëtisch Liedgenootschap "Tot Innerlijk Bloei" voer Anton Greefkes verskeie van Jan Engelman se gedigte op.
Bibliografie Gedigte 1927 - Het roosvenster 1930 - Sine nomine 1931 - Parnassus en Empyreum 1931 - Torso 1932 - Tuin van ErosSien vir die hele bundel DBNL 1934 - Tuin van Eros en andere gedichten 1937 - Het bezegeld hart 1937 - Bij de bron. Een bundel religieuze liederen [Tuin van Eros en andere gedichten; Het bezegeld hart] 1937 - De dijk. Een gedicht 1942 - Noodweer 1945 - Vrijheid. Tijdgedichten en berijmde schotschriften 1960 - Verzamelde gedichten 1969 - Het Bittermeer en andere gedichten
Vertalings Engelman het verskeie tekste vertaal: 1936 - Prinses Turandot. 'n Chinoiserie in 5 bedrywe, vertaling van die tragikomiese sprokie van Carlo GozziTeks deur Jan Engelman in De Gids 1935 1941 - Die Barbier van Sevilla, toneelteks deur Pierre BeaumarchaisToneelstuk deur Centraal Tooneel 1941 1946 - De ontvoering uit het serail vertaling/verwerking van die libretto deur Christoph Friedrich Benzler en Gottlieb Stephanie jr. op musiek van MozartInfo Theaterencyclopedie 1946 1948 - Mattheuspassie (Johann Sebastian Bach)Nederlandse teks in opdrag van die regering geskryf deur Jan Engelman met 'n voorwoord van Wouter Paap 1950 - Philomela. Tragische opera in zes tafereelen en een metamorphose. Libretto vir Hendrik AndriessenWebsite Theaterencyclopedie 1950 1950 - Les contes d'Hoffmann (Die verhale van Hoffmann). Opera in drie bedrywe, met 'n voor- en naspel. Nederlandse vertaling van die teks deur Jules Barbier vir die gelyknamige opera van Jacques Offenbach 1955 - Koning Oedipus (Sofokles)Vertaling uit die Grieks op die webwerf KBVoor de Nederlandse Comedie juni 1955
Toneel 1938 - Om de dooje dood niet, of Jan Klaassen komt naar huis op musiek van Henk Badings. 1945 - Kindje wiegen. Een kerstspel toneel
Nie-Fiksie 1933 - Tympanon. Opstellen over kunst en gewijde kunst 1955 - Twee maal Apollo. Brieven uit Griekenland
Pryse 1934 - Mei-prys vir Tuin van Eros 1936 - Declamatoriumprijsvraag vir De dijk 1945 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Ballade van de waarheid 1945 - Verzetsprijs voor letterkundigen vir verspreide gedichten 1954 - Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre 1956 - Essayprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Twee maal Apollo 1958 - ANWB-prys vir Twee maal Apollo
Verwysings
Eksterne skakels
Johannes Aloysius Antonius Engelman (1900-1972) deur Nel van der Heijden-Rogier in die Biografisch Woordenboek van Nederland Inligting oor Jan Engelman op die Schrijverinfo webwerf Info Theaterencyclopedie
Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Geboortes in 1900 Kategorie:Sterftes in 1972