Die Beechcraft T-6 Texan II is 'n enkelmotorige turboskroefaangedrewe vliegtuig wat gebou is deur Raytheon Aircraft Company (wat later Hawker Beechcraft en Beechcraft Defense Company geword het en in 2014 deur Textron Aviation oorgeneem is). Dit is 'n opleidingsvliegtuig gebaseer op die Pilatus PC-9, die T-6 het die Amerikaanse Lugmag se Cessna T-37 Tweet en die Amerikaanse Vloot se Beechcraft T-34 Mentor vervang.
Die T-6A word deur Amerikaanse Lugmag vir basiese vlieënier en gevegstelseloffisieropleiding, en deur die Amerikaanse Vloot en Amerikaanse Marinierskorps vir primêre en tussentydse Vlootvliegoffisieropleiding gebruik.
Dit word ook deur die Koninklike Kanadese Lugmag, Griekse Lugmag, Israeli Lugmag en Irakse Lugmag gebruik vir basiese vliegopleiding. Die T-6B is ook die primêre opleidingsvliegtuig vir Amerikaanse student-vlootvlieëniers. Die T-6C word ook deur die Meksikaanse Lugmag, Koninklike Britse Lugmag, Koninklike Marokkaanse Lugmag en die Koninklike Nieu-Seelandse Lugmag vir opleiding gebruik.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Vliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie