Tarō Asō (Japannees: 麻生 太郎 Asō Tarō, gebore op 20 September 1940) is 'n Japannese politikus wat sedert Desember 2012 as adjunkpremier van Japan en Minister van Finansies dien. Asō was voorheen van September 2008 tot September 2009 die Eerste minister van Japan.
Asō is in 1979 vir die eerste keer verkies tot die Huis van Verteenwoordigers. Hy het in verskeie poste gedien, onder meer as minister van Buitelandse Sake van 2005 tot 2007, en het in 2008 sekretaris-generaal van die Liberaaldemokratiese Party (LDP) geword, terwyl hy ook daardie rol tydelik beklee het in 2007. Hy is later in September 2008 tot LDP-president verkies en word dieselfde maand premier.
Hy het die LDP gelei toe dit 'n jaar later sy swakste uitslag in 'n verkiesing in sy geskiedenis behaal het, slegs die tweede keer in naoorlogse Japan dat 'n regerende party met sy herverkiesing misluk het. Asō het dadelik bedank as premier. Die LDP het na die verkiesing in 2012 teruggekeer, onder Shinzo Abe, en Asō is in die kabinet aangestel as adjunkpremier en minister van finansies.
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Eerste Ministers van Japan