Die Dornier Do 28 is eintlik twee verskillende vliegtuie wat onder die naam Dornier Do 28 bemark is. Beide word aangedryf deur twee turboskroefmotore, beskik oor kort-opstyg-en-land vermoë en is vervaardig deur Dornier Flugzeugbau GmbH. Die meeste van die vliegtuie is gebruik deur die Duitse Lugmag en Marineflieger asook ander lugmagte regoor oor die wêreld in 'n kommunikasie en veeldoelige rol. Die Do 28 reeks bestaan uit die Do 28 A/B (1959) en Do 28 D Skyservant (1966). Laasgenoemde het feitlik net die basiese uitleg en vlerkontwerp van die eerste ontwerp behou.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Vliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie