duimnael|Das Lied der Deutschen: Handskrif uit die boedel van Hoffmann duimnael|Teks van die Duitse Volkslied (derde vers van die Lied van die Duitsers) duimnael|Melodie van die Deutschlandlied duimnael|Heinrich Hoffmann von Fallersleben, portret deur Carl Georg Christian Schumacher (1819)
Die Deutschlandlied (Duitslandlied) of Das Lied der Deutschen (Die Lied van die Duitsers) is op 26 Augustus 1841 deur Heinrich Hoffmann von Fallersleben op die destydse Britse eiland Helgoland geskryf. Sy melodie is in 1796/97 deur Joseph Haydn vir die destydse keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Frans II, gekomponeer as Gott erhalte Franz den Kaiser. Die derde strofe van die lied is die volkslied van die Federale Republiek Duitsland.
Teks en vertaling Die volgende is die lirieke van die "Lied der Deutschen" (Deutschlandlied) soos geskryf deur Hoffmann von Fallersleben.
Net die derde vers is die Bondsrepubliek Duitsland se amptelike nasionale lied.
Deutschland, Deutschland über alles, Über alles in der Welt, Wenn es stets zu Schutz und Trutze Brüderlich zusammenhält. Von der Maas bis an die Memel, Von der Etsch bis an den Belt, |: Deutschland, Deutschland über alles, Über alles in der Welt! :|Duitsland, Duitsland bo alles, Bo alles in die wêreld, As dit is vir beskerming en verdediging, staan saam in broederlikheid Van die Maas tot die Memel, Van die Adige tot die Belt, |: Duitsland, Duitsland bo alles, Bo alles in die wêreld! :|Deutsche Frauen, deutsche Treue, Deutscher Wein und deutscher Sang Sollen in der Welt behalten Ihren alten schönen Klang, Uns zu edler Tat begeistern Unser ganzes Leben lang. |: Deutsche Frauen, deutsche Treue, Deutscher Wein und deutscher Sang! :|Duitse vroue, Duitse trouheid, Duitse wyn en Duitse liedere Sal behoue bly in die wêreld Hulle oudste en pragtige beieringe Sal ons begeester tot edele dade Ons hele lewe lank. |: Duitse vroue, Duitse trouheid, Duitse wyn en Duitse liedere! :|Einigkeit und Recht und Freiheit Für das deutsche Vaterland! Danach lasst uns alle streben Brüderlich mit Herz und Hand! Einigkeit und Recht und Freiheit Sind des Glückes Unterpfand; |: Blüh' im Glanze dieses Glückes, Blühe, deutsches Vaterland! :|Eenheid en geregtigheid en vryheid Vir die Duitse Vaderland! Vir hierdie sal ons strewe Broederlik met hart en hand! Eenheid en geregtigheid en vryheid Is die belofte vir geluk; |: Blom in hierdie geluk se glorie, Blom, Duitse Vaderland! :| Let wel: Die laaste twee lyne, tussen die |: en :|, word herhaal wanneer die lied gesing word.
Volkslied Sedert 1922 het dié lied 'n amptelike status as die Duitse volkslied, maar gedurende die "Derde Ryk" het 'n mens net die eerste strofe en die Horst-Wessel-Lied gesing. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die Duitse president Theodor Heuss en kanselier Konrad Adenauer besluit dat die derde strofe van die lied by amptelike gebeure gesing moet word. Ná die Duitse hereniging was die derde strofe van die Deutschlandlied as die volkslied van Duitsland verklaar. Die begin daarvan, Einigkeit und Recht und Freiheit (Eenheid en Reg en Vryheid), is ook die nasionale leuse van dié land.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Volksliedere Kategorie:Musiek van Duitsland Kategorie:Nasionale simbole van Duitsland Kategorie:Wes-Duitsland