David Alan Lewis (gebore 1 Junie 1964 in Cork, Ierland) Cricket Archive profile is 'n voormalige Ierse krieketspeler en huidige rugbyskeidsregter. Hy is tydens die Rugbywêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2007 as 'n rugbyskeidsregter ingespan. Sy vader Ian het ook vir Ierland krieket gespeel.
Krieketloopbaan Lewis het as regterhandse kolwer en regterhandse snelbouler tussen 1984 en 1997 121 keer vir die Ierse nasionale krieketspan gespeel, insluitend agt eersteklaswedstryde teen Skotland First-class matches played by Alan Lewis at Cricket Archive en 23 A-Lys wedstryde. List A matches played by Alan Lewis at Cricket Archive Hy het 35 keer as kaptein van die Ierse span opgetree. Cricinfo profile Lewis is een van slegs ses spelers wat meer as 100 keer vir Ierland gespeel is en slegs Peter Gillespie en Kyle McCallan het meer kere vir Ierland gespeel. Most matches played for Ireland at CricketEurope Lewis het sy debuut vir Ierland in Junie 1984 gemaak in 'n wedstryd teen Wes-Indië. Sy loopbaan het op 'n lae noot begin toe hy vir geen lopies uitgehaal is.
Sy laaste wedstryd was teen die Graaf van Arundel se elftal op 20 Augustus 1997.
In alle wedstryde vir Ierland het Lewis altesaam 3579 lopies aangeteken teen 'n kolfgemiddeld van 28,63 met sy beste vertoning 136 teen Wallis in Julie 1990, een van vier honderdtalle wat hy vir Ierland aangeteken het. Hy het 51 paaltjies teen 'n gemiddeld van 43,88 geneem. Sy beste boulvertoning was 4/21 teen Skotland in Julie 1993.
Rugbyloopbaan Nadat Lewis se rugbyspeelloopbaan deur 'n besering kortgeknip is het hy begin om as skeidsregter op te tree. Hy het later op die hoogste vlak as skeidsregter begin optree met sy eerste internasionale optrede op 13 Junie 1998 tussen Argentinië en Frankryk gevolg deur 'n toets tussen Australië en Fidji op 18 September 1998 wat Australië 66–20 in Sydney gewen het.
In die Rugbywêreldbeker 1999 het hy as lynregter opgetree vir die Fidji-Namibië wedstryd in Beziers. In 2003 is hy weer as lynregter gekies maar het ook 'n kans gekry om as skeidsregter op te tree nadat Scott Young beseer is. Planet Rugby , Alan Lewis – the thorough referee, besoek op 6 Oktober 2007 Vir die Rugbywêreldbeker 2007 is hy as een van die twaalf skeidsregter gekies.
Verwysings
Kategorie:Britse krieketspelers Kategorie:Britse rugbyspelers Kategorie:Iere Kategorie:Krieket in Ierland Kategorie:Rugby in Ierland Kategorie:Rugbyskeidsregters Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense