SC Fortuna Keulen is 'n sportklub uit Keulen in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling vir handbal.

Die klub is op 21 Februarie 1948 gevorm met die samesmelting van Victoria 1911 Keulen, Bayenthaler SV (1920) en Sparkassen-Verein 1927 Keulen as SV 1927 Keulen. Die drie klubs is almal aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog deur die Geallieerdes ontbind. Bayenthaler het een seisoen (1943/44) op die hoogste vlak deurgebring in die Gauliga Keulen-Aken, terwyl Victoria 1911 Keulen in 1943 hierdie Gauliga gewen het en die kwarteindstryd van die uitspeelwedstryde om die Duitse titel gehaal het. Die klub het in 1976 met FC Alter Markt Keulen saamgesmelt en die huidige naam aangeneem.

In 1967 het die sakeman Jean Löring die hoofborg en klubpresident geword. Fortuna was onder sy leiding 'n baie suksesvolle tweedeligaklub, wat ook een seisoen (1973/74) in die Bundesliga deurgebring het. Die klub hou tans (status 2007) steeds die rekord as die klub wat die meeste seisoene nόg in die 2. Bundesliga deurgebring het, naamlik 26. In 1986 het die klub weer promosie na die Bundesliga met 'n haarbreedte gemis toe daar in 'n reeks uitspeelwedstryde teen BV Borussia Dortmund verloor is.

Behalwe die seisoen in die Bundesliga, was die klub se grootste prestasie om die eindstryd van die DFB-Pokal in 1983 te haal deur agtereenvolgens met 3 Bundesligaspanne af te reken, onder andere 'n 5-0 oorwinning teen BV Borussia Dortmund in die halfeindstryd. In die eindstryd was die span ongelukkig om op die ou end met 0-1 teen hulle stadsgenote 1. FC Keulen die knie te buig, na 'n doel laat in die wedstryd.

In 2000 het Löring en die klub finansieel begin sukkel en in 2001 het die klubbestuur hom uitgestem as president. Löring is in 2005 aan kanker oorlede. In dieselfde jaar is die klub onder finansiële administrasie geplaas en deur die DFB verplig om aan die Oberliga te onttrek.

Onlangse ligaposisionering 1965-66 (III) Amateurliga Middel-Ryn 8ste 1966-67 (III) Amateurliga Middel-Ryn 2de 1967-68 (II) Regionalliga Wes 16de 1968-69 (II) Regionalliga Wes 12de 1969-70 (II) Regionalliga Wes 14de 1970-71 (II) Regionalliga Wes 4de 1971-72 (II) Regionalliga Wes 3de 1972-73 (II) Regionalliga Wes 2de 1973-74 (I) Bundesliga 17de 1974-75 (II) 2.Bundesliga Noord 5de 1975-76 (II) 2.Bundesliga Noord 4de 1976-77 (II) 2.Bundesliga Noord 12de 1977-78 (II) 2.Bundesliga Noord 4de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Noord 4de 1979-80 (II) 2.Bundesliga Noord 6de 1980-81 (II) 2.Bundesliga Noord 9de 1981-82 (II) 2.Bundesliga 10de 1982-83 (II) 2.Bundesliga 6de 1983-84 (II) 2.Bundesliga 9de 1984-85 (II) 2.Bundesliga 11de 1985-86 (II) 2.Bundesliga 3de 1986-87 (II) 2.Bundesliga 14de 1987-88 (II) 2.Bundesliga 12de 1988-89 (II) 2.Bundesliga 4de 1989-90 (II) 2.Bundesliga 14de 1990-91 (II) 2.Bundesliga 11de 1991-92 (II) 2.Bundesliga 11de 1992-93 (II) 2.Bundesliga 6de 1993-94 (II) 2.Bundesliga 15de 1994-95 (II) 2.Bundesliga 8ste 1995-96 (II) 2.Bundesliga 8ste 1996-97 (II) 2.Bundesliga 11de 1997-98 (II) 2.Bundesliga 6de 1998-99 (II) 2.Bundesliga 14de 1999-00 (II) 2.Bundesliga 16de 2000-01 (III) Regionalliga Noord 4de 2001-02 (III) Regionalliga Noord 18de 2002-03 (IV) Oberliga Noord-Ryn 10de 2003-04 (IV) Oberliga Noord-Ryn 8ste 2004-05 (IV) Oberliga Noord-Ryn lisensie teruggetrek 2005-06 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 7de 2006-07 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 9de 2007-08 (V) Verbandsliga Middel-Ryn 2de 2008-09 (V) Oberliga Noord-Rynland-Wesfale 9de 2009-10 (V) Oberliga Noord-Rynland-Wesfale 14de 2010-11 (V) Oberliga Noord-Rynland-Wesfale 3de 2011-12 (IV) Regionalliga Wes 7de 2012-13 (IV) Regionalliga Wes 2de 2013-14 (IV) Regionalliga Wes

Eksterne skakels Amptelike klubwerf Abseits Guide to German Soccer

Regionalliga Wes 2013/14-seisoen Alemannia Aken, VfL Bochum II, Fortuna Düsseldorf II, SC Rooiwit Essen, 1. FC Keulen II, SC Fortuna Keulen, FC Viktoria Keulen, Bayer 04 Leverkusen II, SV Lippstadt 08, Sportvriende Lotte, VfL Borussia Mönchengladbach II, SC Rooiwit Oberhausen, FC Schalke 04 II, Sportvriende Siegen, KFC Uerdingen 05, SSVg Velbert, SC Verl, SG Wattenscheid 09, SC Wiedenbrück 2000

Keulen Kategorie:Keulen