regs|duimnael|Die SARS-embleem.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), ook algemeen bekend as SARS, is 'n administratief- onafhanklike staatsinstelling wat verantwoordelik is vir die invordering van staatsinkomste uit belasting en heffings, asook om die nakoming van die verskillende belastingwette af te dwing. Die organisasie het op ontstaan met die inwerkingtreding van die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Wet 34 van 1997). Die organisasie se voorgangers was die staatsdepartemente Binnelandse Inkomste en Doeane en Aksyns, asook die 10 belastingadministrasies van die voormalige onafhanklike tuislande en selfbesturende gebiede.
Die belastingraamwerk en die verskillende belastingwette is die verantwoordelikheid van die Nasionale Tesourie. Die relevante wetgewing, met die belastings en heffings wat die SAID moet invorder, sluit in:
Inkomstebelastingwet, no 58 van 1962 Inkomstebelasting Belasting op geskenke Belasting op kapitaalwins Sekondêre belasting op maatskappye
Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, no 89 van 1991 Belasting op toegevoegde waarde
Wet op Hereregte, no 40 van 1949 Hereregte
Wet op Seëlregte, no 77 van 1968 Seëlregte
Wet op Belasting op Sertifikaatlose Aandele, 1998 Belasting op sertifikaatlose aandele
Boedelbelastingwet, no 45 van 1955 Boedelbelasting
Wet op Doeane en Aksyns, 1964 Doeaneheffings Aksynsbelasting Lugpassasiersbelasting
Wet op Belasting op Uittreefondse, no 38 van 1996 Belasting op uittreefondse
Verder vorder die SAID ook vaardigheidsontwikkelingsheffings en bydraes tot die werkloosheidversekeringsfonds namens die betrokke instansies in.
Die organisasie se hoof is die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, bygestaan deur 'n uitvoerende komitee. Die organisasie het ongeveer 14 000 werknemers (in Maart 2006).SAID jaarverslag 2005/06
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Belasting Kategorie:Regering van Suid-Afrika