Barbara Dallas Creecy (gebore 17 Junie 1958)NPE2024 - Nasionale Kandidatelys soos op 10 April 2024 is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress. Sy is die dienende Minister van Vervoer en was voorheen Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing. Creecy was ook voorheen 'n lid van die Gauteng provinsiale wetgewer en een van die wetgewer se langsdienende lede. In 2004 word sy benoem as die Gautengse LUR vir sport, ontspanning, kuns en kultuur. Sy dien tot 2009 toe sy as LUR vir onderwys aangestel is. Die nuutverkose premier David Makhura het Creecy in 2014 na die portefeulje van Gauteng se finansies verskuif.

Vroeë lewe Barbara Dallas Creecy is in Johannesburg gebore. Sy het aan die Universiteit van die Witwatersrand gestudeer en 'n honneursgraad in politieke wetenskap verwerf. Later aan het sy 'n meestersgraad in openbare beleid en bestuur aan die Universiteit van Londen voltooi.

Politieke loopbaan Creecy was 'n anti-apatheidsaktivis en het in die ondergrondse strukture van die African National Congress (ANC) gewerk terwyl sy 'n student aan die Universiteit van die Witwatersrand was. Sy het by die Civic Desk van die United Democratic Front gewerk en het kort daarna by 'n NRO aangesluit wat opleiding en organisatoriese ontwikkeling aan vakbonde en gemeenskapsstrukture verleen het. Sy was voorheen 'n lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee.

Creecy was een van die langsdienende lede van die Gauteng provinsiale wetgewer, aangesien sy in 1994 verkies is. Gedurende haar eerste en tweede termyn het sy gedien as die adjunkhoofsweep sowel as die voorsitter van beide die komitees vir Maatskaplike Ontwikkeling en Onderwys.

In 2004 word sy deur premier Mbhazima Shilowa aangestel as LUR vir sport, ontspanning, kuns en kultuur. Paul Mashatile het in 2008 premier van Gauteng geword en Creecy in haar pos behou.

In Mei 2009 skuif Creecy na die onderwysportefeulje en dien tot in Mei 2014, toe premier David Makhura haar aangestel het as die nuwe LUR vir finansies in Gauteng.

Ná die verkiesing in Mei 2019 word Creecy lid van die Nasionale Vergadering. Die media het bespiegel dat sy in die nasionale departement van finansies aangestel sou word as minister of adjunkminister. Op 29 Mei 2019 benoem president Cyril Ramaphosa haar as Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike biografie Barbara Creecy by People's Assembly. Ms Barbara Dallas Creecy by Parliament of the Republic of South Africa.

Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Ministers van Omgewing Kategorie:Ministers van Vervoer Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van bosbou en visserye Kategorie:Politici van die African National Congress