duimnael|Die eerste Kerk van Sciëntologie in Los Angeles is in 1954 ingewy en in 2010 gerenoveer. Dit dien as hoofkerk vir die grootste Sciëntologiese gemeente ter wêreld duimnael|Die Kerk van Sciëntologie se gemeenskapsentrum in Vermont Avenue, Inglewood, Los Angeles in 'n Art Deco-juweel uit die 1930's bevestig die Kerk se reputasie as toprestoureerders van historiese geboue. Meer as 400 000 vierkante voet se renovasiewerk is in 2019 voltooi, terwyl 'n verdere kwartmiljoen steeds herstel wordScientology Newsroom: Quick Facts. Besoek op 6 November 2019 duimnael|Die ligging van belangrike instellings van die Kerk van Sciëntologie 1. Saint Hill Manor 2. Flag Land Base 3. PAC Base 4. Gold Base 5. Trementina Base 6. Die Freewinds-vlagskip Die Kerk van Sciëntologie (Engels: Church of Scientology) is tans die grootste organisasie wat die nuwe religieuse beweging Sciëntologie verteenwoordig. Die kerk is in 1954 in Los Angeles (VSA) gestig met L. Ron Hubbard as uitvoerende direkteur - 'n pos wat hy tot 1966 beklee het. Sedert sy stigting het die Kerk gegroei tot 'n uitgebreide beweging waarvan die beginsels teen 1997 reeds in 129 lande beoefen is, en wat volgens sy eie statistieke reeds 8 miljoen mense wêreldwyd bedien het.
Die Kerk van Sciëntologie se hoofdoel word saamgevat met die slagspreuk "Skoon Planeet" (Engels: Clear Planet). Dit beteken dat Sciëntoloë die Aarde wil verlos van alle "waansin, oorloë en misdaad" en met 'n "gesonde en vreedsame" beskawing wil vervang. Die Kerk raak nie betrokke by politiek nie ('n voorvereiste vir alle religieuse denominasies in die Verenigde State wat deur die Amerikaanse belastingdiens Internal Revenue Service as nie-winsgewende liggame erken en van belasting vrygestel is) en deel die standpunt dat Kerk en staat volledig van mekaar geskei moet wees - 'n beginsel wat in die Amerikaanse grondwet verskans is.
Met eiendomme ter waarde van enkele miljard VSA-$ in sy besit, is die Kerk van Sciëntologie 'n eersterangse rolspeler op die Amerikaanse en internasionale eiendomsmark. Die Kerk het 'n reputasie verdien as versamelaar en sorgvuldige restoureerder van historiese geboue, maar laat ook nuwe moderne komplekse oprig soos sy Dissemination and Distribution Printing Center in Commerce in die suidooste van Los Angeles County met 'n oppervlak van 185 000 vierkante voet, of dele van sy nuwe massiewe kampus by die hoek van Sunset en Catalina Boulevard in East Hollywood.
Die koop en restourasie van prestigieuse geboue is deel van die Kerk van Sciëntologie se internasionale program om gemeentelede en belangstellendes in sogenaamde «ideale Kerke» te bedien. Ideale Kerkgeboue beskik oor 'n kapel vir kerkdienste, ruimtes waarin lede en belangstellendes Sciëntologie se religieuse geskrifte kan bestudeer asook openbare ruimtes vir gemeenskapsaktiwiteite en vergaderings. Die openbare ruimtes staan meestal oop vir aanhangers van ander gelowe of kulturele byeenkomste van plaaslike inwoners en groepe.
Geskiedenis duimnael|L. Ron Hubbard in 1950
Die Kerk van Sciëntologie het sy oorsprong in Dianetika, 'n terapiebeweging wat deur die Amerikaanse wetenskapsfiksieskrywer L. Ron Hubbard (1911–1986) op 9 Mei 1950 met die publikasie van Dianetics: The Modern Science of Mental Health (amptelike Afrikaanse titel: Dianetics: Die Moderne Wetenskap van Geestesgesondheid) gevestig is. In dié sleutelwerk beskryf Hubbard, wat groot belangstelling in die menslike bewussyn en geestelike gesondheid gestel het, tegnieke wat deur hom ontwikkel is om die menslike gees van irrasionele vrese en psigosomatiese siektes te bevry. Die werk het 26 opeenvolgende weke lank op die New York Times se lys van blitsverkoper verskyn en het die stigting van selfhelpgroepe aangemoedig waar lesers Hubbard se sogenaamde auditing-metodes toegepas het.James R. Lewis (red.): Scientology. New York: Oxford University Press 2009, bl. 5 duimnael|links|L. Ron Hubbard lewer 'n praktiese demonstrasie van Dianetika tydens 'n seminaar in Los Angeles in 1950
Terwyl belangstellendes kort na die publikasie van Dianetics besoeke aan Hubbard in sy destydse huis in Elizabeth, New Jersey gebring het om meer oor ouditering te wete te kom, het vier individue - 'n prokureur, 'n uitgewer, 'n geneeskundige en 'n ingenieur) hom genader met hul voorstel om 'n navorsingsstigting - die Hubbard Dianetics Research Foundation (HDRF) in die lewe te roep. Vier bykomende stigtings is elders in die VSA gevestig om opleiding in Dianetika aan belangstellendes te verskaf.www.scientology.org: Beginnings of the Church of Scientology. Besoek op 13 September 2017
Hubbard het Dianetiek in talle toesprake en lesings vir Amerikaanse gehore verduidelik en voortgegaan met sy skryf- en navorsingswerk. Laat in 1951 het Hubbard die stigting van die Kerk van Sciëntologie as religieuse vereniging aangekondig wat onafhanklik van Dianetika sou bestaan en nie meer beperk was tot die bewussyn van 'n individu nie. Hubbard was volgens eie bewering op die spoor van die krag wat die menslike verstand en bewussyn aandryf. Die beweerde ware menslike natuur as spirituele wese en die individu se verhouding tot homself, sy gesin, groepe, die mensheid, alle lewensvorme, die materiële heelal, die spirituele heelal en die opperste wese staan sentraal in die kerk se geloofsbelydenis.Church of Scientology International: What is Scientology? Besoek op 2 September 2017
Groepe studente van dwarsoor die wêreld het klasse en lesings oor Sciëntologie bygewoon wat deur Hubbard in Phoenix, Arizona aangebied is. Met hulle terugkeer is eerste Sciëntologiese groepe buite die VSA gevestig - in Engeland, Australië, Frankryk, Duitsland, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.
Die eerste Kerk van Sciëntologie is in Februarie 1954 in Los Angeles, Kalifornië gevestig. Vyf jaar later het Hubbard die Kerk se internasionale hoofkwartier na Saint Hill Manor in East Grinstead, Wes-Sussex, Engeland verskuif. Teen die middel van die sestigerjare was daar 'n tiental Sciëntologiese kerke in vyf lande, met kleiner groepe Sciëntoloë in tientalle lande. In 1966 het Hubbard as uitvoerende direkteur van die Kerk van Sciëntologie bedank om die Sea Organization te vorm - 'n groep van toegewyde aanhangers van Sciëntologie wat aan boord van 'n klein groep oseaanvarende skepe gewoon het. Die uitbreiding van aktiwiteite het die koop van 'n groter basis aan land noodsaaklik gemaak. In 1975 is 'n nuwe hoofkwartier in Clearwater, Florida gevestig.Lewis (2009), bl. 5
In die beginjare van die beweging was Hubbard naïef genoeg om geneeskundige en psigiatriese verenigings te nader om die belangrikheid van sy ontdekkings op die gebied van mentale en fisiese gesondheid bekend te maak en te verduidelik. Groot geneeskundige instellings soos die American Medical Association (AMA) en die Food and Drug Administration (FDA) is versoek om sy tegnieke te bestudeer. Hierdie twee organisasies het Hubbard se voorstel allesbehalwe met erns geneem.
Op 4 Januarie 1963 het gewapende polisielede in opdrag van die FDA die Stigterskerk van Sciëntologie in Washington, D.C. binnegestorm en 5 000 boekdele van Kerkskrifte, 20 000 boekies en 100 E-meters (elektriese toestelle wat galvaniese velreaksies meet en dikwels vir ouditering gebruik word) gekonfiskeer. Agt jaar later het 'n distrikshof die FDA se optrede as onwettig verklaar en beslis dat alle boeke en E-meters weer aan die Kerk uitgehandig moet word. Die hof het verder die Kerk van Sciëntologie se grondwetlike reg erken om teen oormatige staatsinmenging in godsdienstige sake beskerm te word.Lewis (2009), bl. 6–7
Wêreldwye organisasie duimnael|Die Grand Chapel in Cincinnati, Ohio is omgebou tot 'n Sciëntologiese kerk Die eerste of basiese vlak van die Sciëntologie is IHELP, 'n liggaam wat "veld-ouditeure" (Sciëntoloë wat na nie-lidmate uitreik, nuwe lede werf en help met fondswerwing vir die kerk) bystaan in hul taak buite die Kerk. Die volgende vlak is Scientology Mission International (SMI), die kerk se sendingliggaam wat wêreldwyd dienste in Dianetika (Engels: Dianetics) en Sciëntologie aanbied en bevorder.
Plaaslike kerk
Plaaslike kerke word Klas-V-organisasies genoem en is verantwoordelik vir die hou van dienste op Sondae en die aanbied van ouditering en opleidingskursusse vir lede. Dienste word aangebied deur geordende leraars wat die Scientology Minister's Course suksesvol voltooi het. Troues, begrafnisse en naamgewingseremonies word ook by die kerk aangebied. Kerke kan enigiets van twintig tot meer as vyfhonderd heeltydse en tydelike werkers in diens hê.
Church of Scientology International duimnael|Kerk van Sciëntologie in Hamburg, Duitsland. Die gebou staan ook oop as vergaderplek vir aanhangers van ander gelowe Die Church of Scientology International (CSI) fungeer as die Moederkerk van Sciëntologie. Vanuit sy hoofkwartier in Los Angeles doen dit oorhoofse beplanning vir die wêreldwye netwerk van kerke, sendings en groepe van Sciëntologie en verleen algemene steun aan hulle.
Daarnaas kom die verantwoordelikheid vir die publikasie van Sciëntologie se Skrifte in geskrewe en oudiovisuele vorm op CSI neer. Golden Era Productions is die sentrale verspreidingseenheid binne CSI waar L. Ron Hubbard se religieuse werke, oudioboeke, oudio-opnames van lesings en opleidingsrolprente asook die Kerk se video's, tydskrifte en webtuistes vervaardig en vertaal word.
Twee uitgewerye - een elk in Los Angeles (Bridge Publications) en Kopenhagen (New Era Publications) - publiseer L. Ron Hubbard se religieuse werke en versprei hulle wêreldwyd.
Church of Scientology Celebrity Centre International
Kerkstigter L. Ron Hubbard het na kunstenaars, politici, besigheidsleiers en bekende sportlui verwys as indiwidus wat die wêreld op hul skouers dra, maar na wie se behoeftes eintlik niemand omsien nie. Vir hulle is 'n besondere kerkafdeling gevestig, die Church of Scientology Celebrity Centre International.Celebrity Centre International. Besoek op 3 Julie 2019
Daar is dertien Celebrity Centres oor die wêreld wat basies as Klas-V-organisasies funksioneer, maar wat veral konsentreer gebiedeop die behoeftes van leiers uit die bogenoemde gebiede. Verskeie bekende persoonlikhede, soos die akteurs John Travolta en Tom Cruise, is Sciëntoloë wat gereeld by van hierdie sentrums gesien word.
Plekke van afsondering
Die Flag Service Organization (FSO) naby Clearwater, Florida (VSA), is een van die Kerk se internasionale "plekke van geestelike afsondering". Gevorderde opleiding en ouditering word hier aangebied. Die Flag Ship Service Organization (FSSO) is soortgelyk, maar is ingerig aan boord van 'n 450-voet-lange skip, die Freewinds. Hier word onder meer die heel hoogste vlakke van ouditering aangebied.
Sea Organization duimnael|Die vlagskip Freewinds saam met 'n loodsboot in die hawe van Bridgetown, Barbados Op 12 Augustus 1967 het L. Ron Hubbard in sy Flag Order No. 1 die stigting van die sogenaamde Sea Organization (dikwels net Sea Org genoem) bekend gemaak wat as die boonste vlak in die Kerk van Sciëntologie beskou word en as 'n soort religieuse orde fungeer. Die organisasie bestaan uit die mees toegewyde Sciëntoloë wat onder meer 'n "een-miljard-jaar-kontrak" teken om hul ewige trou en toewyding aan die Kerk en sy doelwitte te sweer. Hierdie belofte weerspieël die Sciëntologiese geloof aan wedergeboortes.Ilse Hruby: Die Sea Org Die Latynse leuse van die Sea Org is dan ook "Revenimus - Ons sal terugkeer".
Die sowat 5 000 lede wat volgens amptelike statistieke van die Kerk wêreldwyd by die Sea Org aangesluit het is veral vir die aanbieding van die Kerk van Sciëntologie se mees gevorderde OT-kursusse en ouditering verantwoordelik. Die Sea Org beskik oor omvattende magte en bevoegdhede en is volgens Hubbard "die enigste waarborg vir die oorlewing van die Sciëntologie-tegnologie op hierdie planeet".