Hotel is 'n Afrikaanse mokumentêre reeks wat op KykNET, DStv kanaal 144 uitgesaai word.
Fiktief in die hartjie van Mpumalanga, in die klein dorpie van Fransenburg, staan die Fransen Hotel. Eens die dorp se trots. Eens 'n baken. Eens. Nou skaars 'n een uit vyf op Trip Advisor. Ferdie Kruger, die middeljarige hotelbestuurder en sy kleindorpie personeel, spartel om die substandaardhotel se deure oop te hou.
Hotel word maandae om 19:30 uitgesaai.
In Augustus 2021 kondig KykNET aan dat Hotel vir 'n 5de en laaste seisoen gehernu is.
Die reeks is ook beskikbaar op DStv Now en Showmax.
Reekse
Rolverdeling James Borthwick as Ferdie Kruger Beer Adriaanse as Thomas van As Simoné Nortmann as Jony Scholtz Schalk Bezuidenhout as Danny Beyers Sandi Schultz as Maggie Conradie Mila Guy as Melanie Schmidt Martelize Kolver as Brenda Gunter Graham Weir as Oom Dirk Dijkstra De Klerk Oelofse as Jaap
Episodes
Reeks 1 (2016)
Reeks 2 (2017)
Reeks 3 (2019)
Reeks 4 (2020)
Reeks 5 (2022)