Keith Jarrett (gebore op 8 Mei, 1945) is 'n Amerikaanse pianis en komponis van jazz en klassieke musiek.
Jarrett het sy loopbaan begin saam met Art Blakey, en daarna saam met Charles Lloyd en Miles Davis gespeel. Sedert die vroeë 1970's geniet hy baie sukses as groepleier en solo-uitvoerder in jazz, jazzfusion en klassieke musiek. Sy improvisasies spruit uit die tradisies van jazz en ander genres, veral Westerse klassieke musiek, gospel, blues en etniese folk music. In 2003 het Jarrett die Polar Musiek-prys ontvang.
Hy was die eerste ontvanger van sowel die kontemporêre as die klassieke musiekpryse, en in 2004 het hy die Léonie Sonning Musiek-prys ontvang. Sy album getitel The Köln Concert (1975) het die topverkoper klavieropname van alle tye geword.
In 2008 is hy ingewy in die Down Beat Hall of Fame tydens die tydskrif se 73ste jaarlikse Meningspeiling.
Vroeë jare Keith Jarrett is gebore op 8 Mei 1945 in Allentown, Pennsylvanië, Verenigde State, as die kind van 'n moeder van Hongaarse afkoms en 'n vader van Franse of Skots-Ierse afkoms. Carr, Ian. Keith Jarrett, p. 1. Hy het in die voorstedelike Allentown grootgeword waar hy vroeë blootstelling aan musiek ontvang het. Jarrett beskik oor perfekte toonhoogte, en het as jong kind ongelooflike musikale talent vertoon. Hy het voor sy derde verjaardag met klavierlesse begin, en op vyfjarige ouderdom het hy op 'n TV-talentprogram verskyn wat aangebied is deur die swing musikant Paul Whiteman. Carr, Ian. Keith Jarrett: The Man and His Music (New York: Da Capo, 1992), p. 8. Hy het op sewejarige ouderdom sy eerste formele klavieruitvoering gegee, en werke van komponiste soos Mozart, Bach, Beethoven en Saint-Saëns gespeel, en geëindig met twee van sy eie komposisies. Carr, Ian. Keith Jarrett, bl. 7. Hy is aangemoedig deur sy moeder om klassieke klavierlesse by 'n reeks onderwysers te neem, waaronder Eleanor Sokoloff van die Curtis Instituut.
Tydens sy tienerjare het Jarrett as student aan die Emmaus High School in Emmaus, Pennsylvania, jazz geleer en vaardig geraak daarin. Hy het 'n sterk belangstelling in kontemporêre jazz ontwikkel; 'n Dave Brubeck opvoering was 'n vroeë inspirasie. Hy het 'n aanbod gehad om klassieke komposisie in Parys saam met Nadia Boulanger te bestudeer. Die geleentheid het sy ma behaag, maar Jarrett, wie se kop reeds jazz toe gestaan het, het egter besluit het om daarvan af te sien. Carr, Ian. 'Keith Jarrett,' bl. 17. Na sy graduasie aan die Emmaus High School in 1963 het Jarrett van Allentown na Boston verhuis waar hy die Berklee College of Music bygewoon het en gespeel het as cocktailpianis in plaaslike klubs. Na 'n jaar het hy na New York verhuis, waar hy by die Village Vanguard gespeel het.
In New York het Art Blakey vir Jarrett gehuur om saam met the Jazz Messengers te speel. Tydens 'n vertoning is hy opgemerk deur Jack DeJohnette, wat die onbekende pianis se talent en sy onblusbare vloei van idees raakgesien het. DeJohnette het met Jarrett gepraat en hom aanbeveel by sy orkesleier, Charles Lloyd. Die Charles Lloyd-kwartet het kort tevore tot stand gekom en oop, geïmproviseerde vorme ondersoek. Hul album getitel "Forest Flower" uit 1966 was een van die suksesvolste jazz-opnames in die middel 1960's, en toe hulle uitgenooi is om by The Fillmore in San Francisco te speel het hulle die plaaslike hippie-gehoor se guns gewen. Die kwartet se toere deur Amerika, Europa en Moskou het Jarrett 'n gewilde musikant in rock en jazz gemaak. Die toer het ook die grondslag gelê vir sy blywende musikale band met DeJohnette.
Jarrett het begin om sy eie liedjies as leier van klein groepies op te neem, aanvanklik in 'n trio saam met Charlie Haden en Paul Motian. "Life Between the Exit Signs" (1967), sy eerste album as 'n leier, is vrygestel deur Vortex, gevolg deur "Restoration Ruin" (1968), wat Thom Jurek van AllMusic " 'n nuuskierigheid in sy katalogus" genoem het: Jurek, Thom. Allmusic "Keith Jarrett" biografie. Opgespoor op 8 Augustus 2015. "Jarrett speel nie slegs die klavier nie, maar bespeel al die ander instrumente ook, in wat in wese 'n folk-rock album is. Hy sing ook, welke ongewoon is." "Somewhere Before" 'n verdere trio-album met Haden en Motian, het in 1968 gevolg (Atlantic Records).
Miles Davis links|duimnael|250px|Jarrett tydens 'n uitvoering as deel van Davis se septet in November 1971 Die Charles Lloyd-kwartet met Jarrett, Ron McClure en DeJohnette het in 1968 na die opname van "Soundtrack" ontbind as gevolg van geldelike en artistieke geskille. Carr, Ian. Keith Jarrett, pp. 38–39. Jarrett is gevra om by die Miles Davis-groep aan te sluit nadat die trompetspeler hom in 'n klub in New York gehoor speel het (ingevolge 'n ander weergawe wat Jarrett vertel, het Davis sy hele orkes geneem om 'n uitvoering van Jarrett se eie trio in Parys te sien; maar met die Davis-band wat feitlik die enigste gehoor was, het die aandag Jarrett verleë laat voel). Gedurende sy tyd saam met Davis het Jarrett beide Fender Contempo elektroniese orrel en Fender Rhodes elektriese klavier gespeel, welke rolle hy afgewissel het met Chick Corea; hulle kan saam op sommige opnames uit 1970 gehoor word, soos byvoorbeeld tydens die Wight-eiland-fees in Augustus 1970 wat in die film "Miles Electric: A Different Kind of Blue" en op "Bitches Brew Live" gepreserveer is. Nadat Corea in 1970 vertrek het, het Jarrett gereeld elektriese klavier en orrel gelyktydig gespeel. Ondanks sy toenemende afkeer van versterkte musiek en elektriese instrumente binne jazz, het Jarrett voortgegaan met die groep uit respek vir Davis en vanweë sy begeerte om saam met DeJohnette te werk. Jarrett noem Davis dikwels 'n belangrike invloed -beide wat sy musikale en persoonlike ontwikkeling betref- op sy eie denke oor musiek en improvisasie.
Jarrett verskyn op verskeie Davis-albums: "Miles Davis at Fillmore: Live at the Fillmore East", "The Cellar Door Sessions" (opgeneem op 16 - 19 Desember 1970 by die Cellar Door-klub in Washington, DC). Sy klavierspel kan prominent gehoor word op die album "Live-Evil" (grootliks bestaande uit geredigeerde Cellar Door opnames). Jarrett speel ook 'n elektriese orrel op die album "Get Up with It". 'n Paar ander snitte uit hierdie tydperk is ook heelwat later vrygestel. Davis, Miles. The Complete Jack Johnson Sessions. Columbia/Legacy, 2003.
1970's kwartette Van 1971 tot 1976 het Jarrett die saxofonis Dewey Redman bygevoeg by die bestaande trio (wat in 1971 nog een album as 'n trio vervaardig het, getitel "The Mourning of a Star" (Atlantic Records) ) met Haden en Motian. Die sogenaamde "Amerikaanse kwartet" is dikwels aangevul deur 'n ekstra perkussiespeler, soos Danny Johnson, Guilherme Franco, of Airto Moreira, en soms deur die kitaarspeler Sam Brown. Die kwartetlede het verskillende instrumente gespeel, terwyl Jarrett gereeld op sopraan-saxofoon en perkussie sowel as die klavier gehoor kon word; met Redman op musette, 'n Chinese dubbelrietinstrument; en Motian en Haden op 'n verskeidenheid van ander perkussie instrumente. Haden het ook 'n verskeidenheid ongewone geplukte - en perkussie klanke met sy akoestiese bas vervaardig, en dit selfs met 'n wah-wah pedaal vir een snit ("Mortgage on My Soul", op die album "Birth") opgekikker. Die groep het in 1971 twee albums opgeneem vir Atlantic Records, naamlik El Juicio (The Judgment) en "Birth"; sowel as een vir Columbia Records getitel "Expectations" (wat die kitaarspel van Sam Brown bevat, plus strykinstrument en koperblaasinstrument verwerkings. Jarrett se kontrak met die plaatetiket is binne 'n maand van die vrystelling daarvan beëindig) ); asook agt albums vir Impulse! en twee vir die ECM platemaatskappy.
Die "Byablue" en "Bop-Be" albums wat opgeneem is vir Impulse! het hoofsaaklik die komposisies van Haden, Motian en Redman bevat, in teenstelling met Jarrett se eie komposisies, wat die vorige albums oorheers het. Jarrett se komposisies en die sterk musikale identiteit van die groeplede het aan hierdie ensemble 'n baie kenmerkende klank verleen. Die musiek van die kwartet is 'n samesmelting van vrye jazz, post-bop, gospelmusiek en eksotiese, Midde-Oosters klinkende improvisasies.
In die middel/laat 1970's, gelyklopend met die Amerikaanse kwartet, het Jarrett 'n "Europese kwartet" gelei wie se musiek deur ECM opgeneem is. Hierdie kombinasie het bestaan uit die saxofonis Jan Garbarek, die baskitaarspeler Palle Danielsson en die tromspeler Jon Christensen. Hulle het in 'n soortgelyke styl as die van die Amerikaanse kwartet gespeel, maar met baie van die avant-garde- en Americana elemente wat vervang is deur Europese - en klassieke musiek invloede wat die werk van die ECM-kunstenaars destyds gekenmerk het.
Jarrett het betrokke geraak by 'n regsgeding met die VSA rockorkes Steely Dan ná die vrystelling van die orkes se album Gaucho in 1980. Die titelsnit van die album, waarmee Donald Fagen en Walter Becker gekrediteer is, was soortgelyk aan Jarrett se stuk "Long As You Know You Living Yours" uit Jarrett se 1974 Europese kwartet album "Belonging". Toe 'n Musician-tydskrifverslaggewer die ooreenkoms uitgewys het, het Becker erken dat hy van die Jarrett-komposisie gehou het, en dat Fagen gesê het dat hulle daardeur beïnvloed is. Nadat hul kommentaar gepubliseer is het Jarrett julle gedagvaar, en Becker en Fagen was gedwing om sy naam by die krediete te voeg en hom by die tantieme in te sluit. Don't Mess with Steely Dan ; Brian Sweet, Steely Dan: Reelin' in the Years (Londen: Omnibus Press, 1994), p. 144.
Soloklavier duimnael|regs|upright=1.2|Keith Jarrett in Antibes, Frankryk, 2003
Jarrett het in Desember 1970 'n paar solostukke lewendig onder leiding van Miles Davis by Washington se The Cellar Door opgeneem. Dit is gedoen op elektriese klaviere (Fender Rhodes en Fender Contempo), wat Jarrett egter moeg was om op te speel. Die meeste dele van hierdie opnames is in 2007 vrygestel op sy CD The Cellar Door Sessions, met vier improvisasies deur Jarrett.
Jarrett se eerste album vir ECM, getitel "Facing You" (1971), was 'n solo-klavier opname wat in die ateljee opgeneem is. Hy het voortdurend tydens sy loopbaan solo-klavieralbums in die ateljee opgeneem, waaronder "Staircase" (1976), "Invocations/The Moth and the Flame" (1981), en "The Melody at Night, with You" (1999). "Book of Ways" (1986) is 'n ateljee-opname bestaande uit klavesimbel-solo's.
Dié ateljee-albums is beskeie inskrywings in die Jarrett-katalogus, en in 1973 het Jarrett ook begin om geïmproviseerde solo-konserte te speel. Dit is die gewildheid van hierdie omvattende konsertopnames wat hom een van die topverkopers van jazz albums in die geskiedenis maak. Albums wat uit hierdie konserte kom is, "Solo Concerts: Bremen/Lausanne" (1973); "The Köln Concert" (1975), wat die topverkoper-klavieropname in die geskiedenis geword het; Keith Jarrett Biografie , All About Jazz. Opgespoor op 6 April 2010. en "Sun Bear Concerts" (1976) - 'n boksstel van 10 LP's (later 6-CD's).
Nog een van Jarrett se solokonserte, "Dark Intervals" (1987, Tokio), het 'n minder vrye vorm van improvisasie gehad as gevolg van die bondigheid van die stukke. Alhoewel dit klink soos 'n stel kort komposisies, is hierdie stukke nietemin heeltemal geïmproviseer.
Na 'n rustyd het Jarrett teruggekeer na die uitgebreide solo-geïmproviseerde konsertformaat met "Paris Concert" (1990), "Vienna Concert" (1991), en "La Scala" (1995). Hierdie latere konserte is geneig om meer invloede uit klassieke musiek te toon as die vroeëre konserte, en weerspieël sy belangstelling in komponiste soos Bach en Sjostakowitsj. Dit is meestal minder verskuldig aan populêre genres soos blues en gospel. In die cd-notas van "Vienna Concert" noem Jarrett die opvoering sy grootste prestasie, en die vervulling van alles wat hy wou bereik: "I have courted the fire for a very long time, and many sparks have flown in the past, but the music on this recording speaks, finally, the language of the flame itself."Keith Jarrett, liner notes, Vienna Concert, ECM Records, 1992.