Wetenskapstaal verwys na die medium waarin vaklektuur aan die leser aangebied word, ter onderskeid van wetenskaplike taal as skryfstyl.

Geskiedenis In die Middeleeue van Europa was Latyn die taal van die akademie, maar met die Hervorming en die beskikbaarstelling van die Bybel in die volkstaal word die wetenskap toenemend in die volkstaal geskryf (ook om die wetenskap volks te maak). Dit was egter 'n taalkwessie op sy eie wat lank gedebatteer is tot en met die 1600's, maar die wegbreek van Latyn geskied baie geleidelik. Tog is die meeste vertalings uit die volkstaal in Latyn juis in die 1600's te vinde. Later is party boeke in Latyn geskryf, maar met kantaantekeninge in die volkstaal; ander kere is tweetalige boeke in sowel Latyn as die volkstaal op teenoorstaande bladsye geskryf, of die een reël in die volkstaal, die volgende reël in die vertaalde Latyn. Soms is die tekste in verskillende tale vir verskillende gehore geskryf. Om in die plaaslike volkstaal te skryf het groter oplae en boekverkope (en wins) vir die drukkers, uitgewers en verkopers beteken; om in Latyn te skryf sou die paar geleerde individue in die buiteland bereik. Soos ook nuwe leervakke op skool aangebied is, word al hoe minder tyd afgestaan met die leer van Latyn, wat die taal al hoe meer eenkant toe skuif. Die finale doodskoot van Latynonderrig is reeds teen die 1850's, toe burgers in die Nuwe Wêreld, maar ook die Europese Kolonies, toenemend die nut van Latyn bevraagteken, nie alleen omdat ‘n mens die hoogste sport sonder hierdie taal kan bereik nie (tegnoloë, uitvinders, boere, ontdekkers, nyweraars, ens), maar ook omdat die meeste bronne in Latyn buitendien myle ver weg in Europese argiewe en biblioteke agter slot en grendel sit.

'n Hoëfunksietaal (waaronder die taal hom in die wetenskap kan bedien) gaan gepaard met bruikbaarheid en prestige.

Nog in 1776 word slegs Duits, Frans, Italiaans en Latyn in Il Dizionario Imperiale nel Quale le Quattro Principali Lingue dell’ Europa (Giovanni Veneroni) as dié belangrike tale “by die geleerde wêreld” van Europa (of, meer spesifiek die Heilige Romeinse Ryk) beskou; implisiet was Engels en Spaans dus twee randeiers.

Sedert Frans die taal van die Franse hof geword het in 1539 (wat gerig was téén Latyn en nié die ander minderheidstale nie, soos dit wél was na afloop van die Franse Revolusie), het 'n statusverhoging van die opgeluisterde taal ingetree in die grootste en verreweg die volkrykste land van Europa. Juis weens die ekonomiese bloei en opgang (Frans was vanouds dié handelstaal op die Europese vasteland), ook vernaamlik as die taal van die diplomasie dwarsoor Europa (tot en met die Vrede van Versailles in 1919, wat nie meer slegs in Frans was nie, maar toe ook in Engels), maar ook die Franse Ryk wat al hoe sterker geword het wêreldwyd, is ook meer geld bewillig aan die akademie en navorsing wat veral Frans bevoordeel en bevorder het.

Frans het op Franse grond dus 'n historiese voorsprong geniet, terwyl die burgers van die multikulturele laslappieland net langsaan, die Heilige Romeinse Ryk (met Latyn as gemene deler), onder mekaar wat taal, godsdiens, staat en volk betref érg verdeeld en gefragmenteer was. Eers ná afloop van die nywerheidsomwenteling (wat in Pruise die merkbaarste was), die skoolplig en die Unifikasie van Duitsland kon die Duitse taal hom veral laat uitblink in die chemiese ingenieurswese. Veral in die kleiner buurlande (Skandinawië en Nederland) asook Oos-Europese (Suid-Slawië en die Baltiese lande ingesluit) is swaar op Duitse werke oor die algemeen gesteun (omdat hulle destyds ook meestal fisies met Duitsers te doene gekry het).

In die Engelssprekende lande is 'n histeriese kultuurboikot tydens en ná afloop van die Eerste Wêreldoorlog teen alles wat Duits is uitgeroep, wat die Duitse taal swaar getref het. Frans is indirek ook self hierdeur geraak, want weens die Amerikaners wat Duits geboikot het, het 'n soort isolasionisme in die 1920's ontstaan, al is hierdie anti-Duitse boikotwetgewing ook herroep in 1923, sodat niemand 'n duit meer kon omgee wat in ander oorsese tale aangaan nie. Voortaan het jy Amerikaanse wetenskaplikes gekry wat slegs in Engels en Amerikaansgesentreerd gedink en Amerikaans-Engelse terminologie gemunt het.

Die Duitse en Oostenrykse wetenskaplikes is dus in die laat-1910's/1920's op hierdie wyse by talle internasionale verenigings en rade uitgesluit (sowel die Amerikaans-Britse lande as Frankryk het hiervoor gesorg), sodat hul genoop was om selfs meer vaktydskrifte in die lewe te roep, maar sodoende nie wêreldwye bekendheid kon verwerf nie. Dit het egter nie gekeer dat skrander studente uit Amerika en elders in Duitsland kon gaan studeer en/of Duitse werke aan outonome universiteite kon voorskryf nie – dit is trouens ook in Duitsland waar heelwat buitelandse Nobelpryswenners tussen 1903 tot 1937 in die Chemie, Fisika en Medisyne werksaam of verbonde was, of voorheen studeer het. Die vakgebiede waar Duits nog die meeste in 1996 tot sy reg kom (in hierdie volgorde) is die Literatuurwetenskap, Opvoedkunde, Godgeleerdheid, die Regte en Geskiedenis.

Die demografiese verskuiwings (emigrasie na Amerika of Britse kolonies, met die gepaardgaande taalassimilasie), as oorwinnaars van die Wêreldoorloë, as teelaarde van die wêreldwye massamedia (wat toeganklikheid uitgebrei het), kolonialisme en ekonomiese vooruitgang in die Nuwe Wêreld het Engels 'n prominente plek in die wetenskap gegee. Soos ook meer wetenskaplikes van dwarsoor die wêreld in die taal hul navorsing publiseer, het Engels net al hoe meer prominent geword.

Tog toon die taalverhouding wat natuurwetenskaplike publikasies wêreldwyd betref reeds aan dat Engels in die 1880's die botoon gevoer het (slegs die hooftale word gelys): Jaartal% Engels% Frans% Duits% Russies188035,827,223,61,5189037,527,622,32,8191030,2325,6633,682,2192033,2614,3544,01,36193046,2912,2133,01,79194048,5514,8227,294,56195055,3114,3821,156,0196050,649,4315,2112,42197055,627,0710,1620,48198074,63,13,510,8198477,12,43,39,2198880,52,42,96,9199287,21,61,63,9199690,31,31,22,1200592,7<1<1<1 In 2008 word bevind 78% van alle inligting wat dwarsoor die wêreld geskep word, staan geskryf in tien tale: Engels, Duits, Spaans, Chinees, Frans, Japannees, Italiaans, Russies, Portugees en Nederlands. TaalGeletterde bevolkingSkep van inligtingEngels10,58%44,29%Duits1,74%7,60%Spaans5,47%5,91%Chinees (Mandaryns)14,68%4,85%Frans4,07%4,21%Japannees2,33%3,34%Italiaans1,09 %2,16%Russies3,59%1,96%Portugees3,54%1,68%Nederlands0,43%1,67%Koreaans1,36%1,20%Hindi4,26%0,96%Arabies4,24%0,43%Bengali1,99%0,12%

Kritiek op statistiek en volhoubaarheid Hamel (2013) kyk uit 'n Franssprekende oogpunt skepties na die bovermelde statistiek (1880 en later), om drie redes. Volgens hom is die benadering eerstens nie eens kwantitatief korrek nie, laat staan nog kwalitatief van aard. Tweedens word slegs 'n paar uitgesoekte gesaghebbende (eintlik hoogwaardige) geïndekseerde internasionale vaktydskrifte, wat grotendeels beheer word deur Engelstalige en Anglosentriese verenigings (en hul uitgewerye), onder die loep geneem. Derdens word boeke heeltemal buite rekening gelaat in die natuurwetenskappe, terwyl boeke van groot waarde is in veral die sosiale en geesteswetenskap. Die resultaat wat mens dus kry is 'n erg verwronge beeld van die werklikheid.

Die grootste flater is die "lande van oorsprong" waarna gekyk word in die einste vaktydskrifte wat van huis uit in Engels publiseer en hoogs eensydige resultate lewer; Hamel wys byvoorbeeld hoe Wallis, wat maar twéé universiteite het, op die Arts & Humanities Citation Index van 2006, op die presiese gelyke voet gestel word met Frankryk. Ook omdat so min Spaanse artikels uit Spaanse lande in hierdie tydskrifte gepubliseer word, en Spaanssprekende lande dus "swak" vaar, word die Verenigde State hoër geskat as die hele Spanje, Argentinië of Mexiko saam. Op sy beurt lei hierdie wanvoorstellings van 'n "almagtige taal" (dit is nou Engels) tot taaldéfaitisme (waar wetenskaplikes maar gelate (onder druk) voel hulle moet tog maar in die vreemde Engels publiseer, want die statistiek bewys mos nou almal doen dit). Daar kan selfs op hierdie wyse onwetend – 'n strategie sonder strategiese berekening miskien – beoog word om Engels te versterk en ander tale wêreldwyd te verswak.

Ook word vergeet van artikels wat in Frans vertaal word, wat juis op duursame wyse Frans versterk en selfs uitbrei; ook word uit die oog verloor dat 'n artikel nou wel in Engels geskryf mag wees, maar dit kom vanuit 'n Franse en Franstalige gemeenskap, dat die wérk in die laboratoria of op straat in Frans onderneem word, wat gevoed word deur wetenskaplike produksie in Frans; ook die onderwys geskied in Frans, hoewel daar uit 'n verskeidenheid bronne (ook vreemdtalige tekste soos Duits) geput word. Omrede hierdie gee-en-neem uit die makro- en mikro-omgewing belangrik is, behoort meer moeite gedoen te word om 'n volhoubare harmonie daar te stel, 'n soort etiese pligsbesef, 'n maatskaplike verantwoordelikheidsin, waarin jy "teruggee" aan die gemeenskap waaruit jy put (bv. Frans aan die Franse gemeenskap, bv. die ontwikkeling van vakterminologie), anders word dit soos 'n ouroboros wat sy eie stert opvreet, of 'n soort monokultuur wat niks in die taalakker terugploeg waaruit slegs gemaai word nie. Die voedingsaarde van Engels (by name ander tale en kulture) word juis sodoende net leeggesuig.

Volgens Hamel is elke liewe eentalige model uiters ongeskik – juis omdat dit hier eerder, anders as wat sedertdien lank deur die Franstalige en Spaanssprekende wêreld toegepas word (juis oor die taalminderhede wat in die verlede verdruk is), om mag gaan, en nie om die ondergestelde tale te verdedig nie (in die Franse en Spaanse skole word benewens plaaslike tale ook buitelandse tale aangebied). Die eentaligheid van Engels gaan sy moedertaalsprekers op die lange duur ook duur te staan kom, juis omdat die aanleer van ander tale 'n mens leer om buite jou eie klein wêreldjie (wat ook etnosentrisme insluit) te dink, om die grense te weerlê en nugter/wetenskaplik te dink. Maar noudat die buitelanders die werk vir hom doen, is die buitelanders besig om indirek hul eie kultuur te ondermyn, wat die hele makro-omgewing sal skaad.

Hamel stel eerder veeltalige groeipunte voor waaruit ander tale ook voordeel kan trek (soos uitruilprogramme tussen Frans-Spaans-Italiaans-Portugees). Dit dien as die goue middeweg tussen die "Franse Pool" (wat Frans as internasionale wetenskapstaal wil bevorder) en die "Engelse Pool" (wat druk op ander plaas om te swig voor hom as internasionale taal).

Hy maak die volgende voorstelle:

Veeltalige wetenskaplike groeipunte uit ‘n Franssprekende se oogpuntFrans as spilpuntMeertalige goue middewegEngels as spilpunt asook ander vreemde taleAlgemene doelwit 1:

Bou Frans uit tot internasionale wetenskapstaalSteun en bevorder die meertalige groeipunte en ingesteldheidAlgemene doelwit 2: Verinheems die Engelstalige en ander vreemde tale se wetenskaplike ontwikkeling (met Franstalige kennis)Vakterminologie en databanke:

Ontwikkel en hou die vakterminologie en databanke in Frans op datum Moedig meer Franstalige publikasies in die internasionale databasisse aan Moedig meer samevattings van vaktydskrifartikels (en ander media) in die internasionale databasisse aan Bevorder die munt van meertalige vakterminologieë en databasisse en bly hierby volledig betrokkeVakterminologie en databanke:

Neem deel aan die ontwikkeling van vakterminologie en databasisse in ander tale Vergemaklik die toegangPublikasies: Ondersteun die wetenskaplike publikasies in Frans Vergroot sy internasionale markaandeel Publiseer gelyktydig of opeenvolgend in verskillende talePublikasies: Ondersteun die verspreiding van die wetenskap op die internasionale mark deur: in ander tale te skryf in ander tale te vertaalVertaling: Ondersteun die vertaling van wetenskaplike tekste in Frans